AMPTELIKE AANSKAKELING VAN BATTERY
Ons wil almal graag uitnooi om eerskomende Saterdag, 21 September, om 09:00 die amptelike seremoniële aanskakeling van Orasol se battery by te woon. Die Orania-gemeenskap is wettige aandeelhouers in die battery, so dit is ‘n vreugdevolle oomblik waarin almal kan deel om ons groeiende selfstandigheid en onafhanklikheid te vier!
Let asseblief op die volgende:
Tyd: 09:00 tot 10:00, 21 September 2024
Plek: Orasol-battery, Kareeboomrylaan (net ná Sandsteenstraat in die Nywerheidsgebied, naby die Eskom-substasie).
Geriewe: Daar sal ‘n beperkte aantal stoele verskaf word, maar inwoners kan ook opvoustoele bring om sitplek te verseker.
Onthou: Ons stel voor dat mense vloeistof, asook hoede of sambrele saambring, want die terrein is blootgestel aan direkte sonlig.
Ete: Daar gaan nie enige kos bedien word nie, maar die Plaasbraai, wat dieselfde aand vanaf 18:00 plaasvind, sal dien as die feestelikheid wat hiermee saamgaan. Kaartjies vir die Plaasbraai is beskikbaar teen Φ50 per volwassene en Φ30 per kind onder 12 (wat vleis en roosterkoek insluit) en is aanlyn beskikbaar by https://oraniakarnaval.co.za/product/plaasbraai, of fisies by die poskantoor.
Die bogenoemde vloedrisikovlakke word as aanduiders van gevaar gebruik:
Vlak GROEN: normale riviervlakke
Vlak GEEL: dreigende gevaar, wees paraat (geen toegang tot die rivier)
Vlak ORANJE: beveilig eiendom en verwyder waardevolle items en diere in geïdentifiseerde gebiede (verhoogde paraatheid)
Vlak ROOI: alle persone in geïdentifiseerde gebiede ontruim teen ʼn aangekondigde tyd
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…