121/2024

FEESVIER OP `N VERANTWOORDELIKE MANIER

Uitgereik op: 29 August 2024
Uitvoerende Hoof

0

FEESVIER OP `N VERANTWOORDELIKE MANIER

Geagte Aandeelhouers en Inwoners,

FEESVIER OP ‘N VERANTWOORDELIKE MANIER

Die Orania Dorpsraad, in samewerking met die Orania Veiligheidsdienste (OVD), wil graag enkele sake met die gemeenskap deel. Daar word gedurende September/Oktober twee groot feeste in Orania aangebied. Honderde besoekers van omliggende dorpe en verder word vir die feestelikhede verwag. OVD en die organiseerders van die geleenthede is baie dankbaar dat ons op elke Oraniër se vriendelikheid en gasvryheid kan steun en weet dat elke besoeker met die nodige respek hanteer sal word.

ORANIA GAAN GROOT

Op 7 September 2024 word ORANIA GAAN GROOT deur CVO-Skool Orania by die Orania Sportterrein aangebied en het die organiseerders ons versoek om die volgende reëlings aan u deur te gee:

• Geen drink en/of eetgoed mag by die terrein ingeneem word nie.

• Geen koelhouers sal toegelaat word nie.

• Geen drank sal aan enige persoon onder 18 jaar oud verkoop word nie.

• Daar sal geen verdraagsaamheid vir wangedrag en drankmisbruik wees nie.

• Persone wat hul aan enige wangedrag skuldig maak sal versoek word om die terrein onmiddellik te verlaat.

• Die speelterrein sal op eie risiko gebruik word.

• Daar sal geen kaartjies by die hek te koop wees nie. ALLE kaartjies moet asseblief vooraf gekoop word.

• OVD en verteenwoordigers van die politieke span sal te alle tye teenwoordig wees om te help verseker dat feesgangers ‘n aangename ervaring sal hê. Meld gerus enige kwellinge by die Gemeenskaplike Operasionele Sentrum (GOS) in die Klubhuis (by die trappies op, bo die badkamers) aan, en moenie toelaat dat u deur iemand anders uitgelok word nie. Skakel gerus Ettiene de Lange by 083 412 9123 of meld enige kommer aan enige veiligheidspersoneellid op die terrein.

ORANIA KARNAVAL

Vanaf 21 September 2024 tot 28 September 2024 word die Orania Karnaval deur die Orania Dorpsraad aangebied. Die organiseerders van beide geleenthede het regtig moeite gedoen om die nodige voorsorg te tref ten einde so ver as moontlik te verseker dat Oraniërs hierdie feesgeleenthede binne kultuurverband sal geniet. Ongelukkig bied die lewe nie waarborge nie en wil die organiseerders en OVD hulle eie verbintenis tot en wedersydse verwagting van verantwoordelike optrede herbevestig. Ons vertrou dat u beide hierdie voortreflike geleenthede sal geniet deurdat ons as Oraniërs deurgaans verantwoordelik en Christelik optree wanneer ons gesellig verkeer.

Baie dankie vir u samewerking.

Gawie Snyman

Uitvoerende Hoof

Kennisgewings

Opkomende inskrywings…

004/2025
(Uitgereik op: 13 January, 2025)
Ingenieursdiente
003/2025
(Uitgereik op: 10 January, 2025)
Beplanning en Grondgebruik
002/2025
(Uitgereik op: 8 January, 2025)
Ingenieursdiente
001/2025
(Uitgereik op: 6 January, 2025)
Inligting en Skakeling

Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…

Orania Kaart

Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…

Algemene Skakels

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Beweging

OVD Watervleuel

Regspleging

Orania Ontwikkelingsmaatskappy

OSK

OSK Koöperatiewe Bank

Orania Sakekaner

Radio Orania

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Nuusbriewe

Opkomende inskrywings…

01/2024
(Uitgereik op: 2 May, 2024)

2

Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…

Noodnommers

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Hospitaal

Huis Dokter

Orania Ambulaans

Elektrisien

Loodgieter

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Kalender

Opkomende inskrywings…

18
Jan
Saturday 18 January, 2025
Algemeen
24
Jan
Friday 24 January, 2025
- 24 January, 2025
7:00 pm
24
Jan
Friday 24 January, 2025
27
Feb
Thursday 27 February, 2025
- 6 April, 2025
Algemeen

Vir meer kalender inskrywings, gaan na…