065/2025
2 April 2025
Geagte Aandeelhouers en Inwoners,
VERHOGING IN ELEKTRISITEITSTARIEWE VANAF 1 APRIL 2025
Opsomming : Eskom se tariewe verhoog met 12.74%, maar Orania s’n met slegs 9%.
Eskom het sy elektrisiteitstariewe met ingang 1 April 2025 met ʼn gemiddeld van 12.74% verhoog. Aangesien Orania ‘n goeie en bestendige groei in inwonergetal beleef en Orania Dorpsraad hierdie voordeel t.o.v die ekonomie van skaal van elektrisiteitsverbruik aan Orania se elektrisiteitsverbruikers wil deurgee, terwyl ons ook wil kyk hoe ons inwoners se las met die oog op die voorgestelde batterybydrae kan verlig, kon die Direksie ‘n baie laer verhoging goedkeur. Alhoewel die Direksie ‘n lae verhoging op tariewe goedgekeur het, het hulle die kantoor opdrag gegee om deurlopend die verkope- en aankopesyfers aan die hand van die begrote bruto wins te monitor en behou die Direksie die reg voor dat indien die gerealiseerde bruto wins onder die begrote wins gaan daal a.g.v die laer verhoging, die tariewe hersien moet word om weer in lyn te kom met begrote syfers.
Orania Dorpsraad poog deurlopend om elektrisiteitsverhogings minimaal te hou teenoor Eskom se verhogings. Oor die afgelope 7 jaar vanaf 2019 het die Dorpsraad dit reggekry om die tendens van laer verhogings vol te hou. Hierdie jaar is weereens nie anders nie en is ‘n algemene verhoging van 9% goedgekeur. Hieronder volg ‘n kort vergelykingstabel wat die verhogings van 2018 tot 2025 teenoor Eskom uitbeeld:
OAB elektrisiteitsverhogings teenoor Eskom:
Met bogenoemde in ag geneem, sien die verhoogde tariewe vir huishoudings en ander sonerings in Orania vanaf 1 April 2025 as volg daar uit :
1. Aandeelblokke wat primêr vir woondoeleindes gebruik word:
• 1-150 eenhede: Φ2.99/eenheid
• 151-300 eenhede: Φ3.45/eenheid
• Meer as 300 eenhede: Φ3.80/eenheid
2. Aandeelblokke van niewinsgewende instellings (soos bv. skole en kerke):
• Φ3.45/eenheid
3. Alle ander aandeelblokke en aansluitings buite die aandeleblokskema:
• 1-5000 eenhede: Φ3.80/eenheid
• Meer as 5000 eenhede: Φ3.58/eenheid
4. KSIKO Aansluitings:
• Krediettarief: Terugkooptarief sal teen Vrydag, 4 April 2025 gekommunikeer word.
Al bogenoemde bedrae sluit 15% BTW in. Wanneer BTW op 1 Mei 2025 met 0.5% verhoog, sal bogenoemde pryse dienooreenkomstig aangepas word.
Alhoewel Orania Dorpsraad dit regkry om deur middel van groei en ekonomie van skaal die verhogings in elektrisiteitstariewe so laag as moontlik te hou, word inwoners aangemoedig om energie-slim te wees deur effektief met elektrisiteitsverbruik om te gaan.
Oraniagroete ,
Janneman Roux
Hoof: Korporatiewe Dienste
U kan, soos altyd, die Dorpsraad oor enige onderwerp kontak deur die volgende skakel te volg : $ https://myorania.co.za/kontak-ons/$
Indien u dit anoniem wil doen, kan u die Anonieme Forum op die myorania.co.za webwerf gebruik, deur die volgende skakel te volg – $ https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/$
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…