065/2025

VERHOGING IN ELEKTRISITEITSTARIEWE VANAF 1 APRIL 2025

Uitgereik op: 2 April 2025
Korporatiewe Dienste

0

VERHOGING IN ELEKTRISITEITSTARIEWE VANAF 1 APRIL 2025

065/2025

2 April 2025

Geagte Aandeelhouers en Inwoners,

VERHOGING IN ELEKTRISITEITSTARIEWE VANAF 1 APRIL 2025

Opsomming : Eskom se tariewe verhoog met 12.74%, maar Orania s’n met slegs 9%.

Eskom het sy elektrisiteitstariewe met ingang 1 April 2025 met ʼn gemiddeld van 12.74% verhoog. Aangesien Orania ‘n goeie en bestendige groei in inwonergetal beleef en Orania Dorpsraad hierdie voordeel t.o.v die ekonomie van skaal van elektrisiteitsverbruik aan Orania se elektrisiteitsverbruikers wil deurgee, terwyl ons ook wil kyk hoe ons inwoners se las met die oog op die voorgestelde batterybydrae kan verlig, kon die Direksie ‘n baie laer verhoging goedkeur. Alhoewel die Direksie ‘n lae verhoging op tariewe goedgekeur het, het hulle die kantoor opdrag gegee om deurlopend die verkope- en aankopesyfers aan die hand van die begrote bruto wins te monitor en behou die Direksie die reg voor dat indien die gerealiseerde bruto wins onder die begrote wins gaan daal a.g.v die laer verhoging, die tariewe hersien moet word om weer in lyn te kom met begrote syfers.

Orania Dorpsraad poog deurlopend om elektrisiteitsverhogings minimaal te hou teenoor Eskom se verhogings. Oor die afgelope 7 jaar vanaf 2019 het die Dorpsraad dit reggekry om die tendens van laer verhogings vol te hou. Hierdie jaar is weereens nie anders nie en is ‘n algemene verhoging van 9% goedgekeur. Hieronder volg ‘n kort vergelykingstabel wat die verhogings van 2018 tot 2025 teenoor Eskom uitbeeld:

OAB elektrisiteitsverhogings teenoor Eskom:

 

Met bogenoemde in ag geneem, sien die verhoogde tariewe vir huishoudings en ander sonerings in Orania vanaf 1 April 2025 as volg daar uit :

1. Aandeelblokke wat primêr vir woondoeleindes gebruik word:

• 1-150 eenhede: Φ2.99/eenheid

• 151-300 eenhede: Φ3.45/eenheid

• Meer as 300 eenhede: Φ3.80/eenheid

2. Aandeelblokke van niewinsgewende instellings (soos bv. skole en kerke):

• Φ3.45/eenheid

3. Alle ander aandeelblokke en aansluitings buite die aandeleblokskema:

• 1-5000 eenhede: Φ3.80/eenheid

• Meer as 5000 eenhede: Φ3.58/eenheid

4. KSIKO Aansluitings:

• Krediettarief: Terugkooptarief sal teen Vrydag, 4 April 2025 gekommunikeer word.

Al bogenoemde bedrae sluit 15% BTW in. Wanneer BTW op 1 Mei 2025 met 0.5% verhoog, sal bogenoemde pryse dienooreenkomstig aangepas word.

Alhoewel Orania Dorpsraad dit regkry om deur middel van groei en ekonomie van skaal die verhogings in elektrisiteitstariewe so laag as moontlik te hou, word inwoners aangemoedig om energie-slim te wees deur effektief met elektrisiteitsverbruik om te gaan.

Oraniagroete ,

Janneman Roux

Hoof: Korporatiewe Dienste

U kan, soos altyd, die Dorpsraad oor enige onderwerp kontak deur die volgende skakel te volg : https://myorania.co.za/kontak-ons/

Indien u dit anoniem wil doen, kan u die Anonieme Forum op die myorania.co.za webwerf gebruik, deur die volgende skakel te volg – https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/

Filters

Kennisgewings Date Rage Filter
Kennisgewings Type Checkbox Filter
Vloedrisikovlakke
Vloedrisikovlakke

Die bogenoemde vloedrisikovlakke word as aanduiders van gevaar gebruik:
Vlak GROEN: normale riviervlakke
Vlak GEEL: dreigende gevaar, wees paraat (geen toegang tot die rivier)
Vlak ORANJE: beveilig eiendom en verwyder waardevolle items en diere in geïdentifiseerde gebiede (verhoogde paraatheid)
Vlak ROOI: alle persone in geïdentifiseerde gebiede ontruim teen ʼn aangekondigde tyd

Korporatief

Dokumente Korporatief Filter

Finansies

Dokumente Finansies Filter

Grongebruik

Dokumente Grondgebruik Filter

Dorpsreëls

Dorpsreëls

Kennisgewings

Opkomende inskrywings…

046/2026
(Uitgereik op: 16 April, 2026)
Inligting en Skakeling
045/2026
(Uitgereik op: 16 April, 2026)
Ingenieursdiente
044/2026
(Uitgereik op: 15 April, 2026)
Ingenieursdiente

Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…

Orania Kaart

Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…

Algemene Skakels

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Beweging

OVD Watervleuel

Regspleging

Orania Ontwikkelingsmaatskappy

OSK

OSK Koöperatiewe Bank

Orania Sakekaner

Radio Orania

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Nuusbriewe

Opkomende inskrywings…

01/2024
(Uitgereik op: 2 May, 2024)

2

Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…

Noodnommers

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Hospitaal

Huis Dokter

Orania Ambulaans

Elektrisien

Loodgieter

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Kalender

Opkomende inskrywings…

15
May
Friday 15 May, 2026
- 16 May, 2026
Algemeen
12
Jun
Friday 12 June, 2026
- 13 June, 2026
5:00 pm
25
Jun
Thursday 25 June, 2026
- 27 June, 2026
8:00 am
25
Jun
Thursday 25 June, 2026
- 27 June, 2026
8:00 am
25
Jul
Saturday 25 July, 2026
- 25 July, 2026
7:00 am

Vir meer kalender inskrywings, gaan na…