059/2026
6 MEI 2026
Geagte Oraniërs,
AANSOEKE VIR TYDELIKE PLAKKATE/BANIERE VIR DIE WINTERSPELE
Opsomming: Besighede wat tydelike plakkate of baniere tydens die opkomende Winterspele (wat van 25 tot 27 Junie 2026 in Orania plaasvind) wil vertoon, moet asseblief vroegtydig daarvoor aansoek doen.
Die Grondgebruikbestuurskomitee (GGBK) wil inwoners vriendelik versoek om, indien hulle beplan om tydens die komende Winterspele tydelike plakkate/baniere op te rig, asseblief vroegtydig daarvoor by die GGBK aansoek te doen.
Dit sal die kantoor baie help indien ons die aansoeke reeds vroeg ontvang, sodat daar genoeg tyd is om dit te verwerk en te oorweeg. Hiermee probeer ons voorkom dat aansoeke in die laaste paar dae voor die Winterspele van die hand gewys moet word weens onvoldoende tyd vir oorweging.
Aansoekvorms in hardekopie kan by die Dorpskantoor afgehaal word, maar is ook elektronies beskikbaar by die volgende skakel: https://myorania.co.za/dokumente/ . Voltooide vorms kan daarna na ggbk@myorania.co.za gestuur word.
Vriendelike groete,
Cobus Pretorius
Hoof: Beplanning en Grondgebruik
Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik:🔗https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ‘n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: 🔗 https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…