110/2026
27 Augustus 2026
Geagte Oraniërs,
ALLE ORANIËRS WORD GENOOI NA DIE LENTE REGRUK OP 4 SEPTEMBER
Opsomming : Alle inwoners word genooi om volgende Vrydag, 4 September, aan die Lente Regruk deel te neem. Daar word hierdie jaar ook koffie en koekies voor die tyd bedien en verversings en koeldrank na die tyd.
As mens die afgelope paar weke as maatstaf neem, dan lyk dit of ons hierdie jaar ‘n vroeë somer kan verwag (ten spyte van volgende week se verwagte koue, wat hopelik die laaste vir die seisoen sal wees). Bloeisels is reeds orals in die dorp sigbaar! Oor minder as twee weke is dit weer die amptelike aanbreek van die lente, wanneer die natuur ons elke jaar herinner aan die wonder van God se vernuwingskrag.
Net so is die lente die ideale tyd om ons eie omgewing op te knap, te verfris en te vernuwe.
Dit het die gebruik geword dat die Orania Dorpsraad jaarliks die leiding neem met die Lente Regruk, waarvan die sigbaarste gedeelte die rommelverwydering vanaf openbare terreine is, wat ons elke eerste Vrydag van September aanpak. Ons is ook baie dankbaar vir ander instansies, sowel as lede van die gemeenskap en privaat besighede, wat ook oor die afgelope paar jaar by hierdie poging betrokke geraak het en sodoende ons hand versterk.
Die Orania Dorpsraad en die Orania Bewaringstigting nooi hiermee alle belangstellendes, beide individue sowel as instansies, om by ons aan te sluit op Vrydag 4 September om 07:30 op die grasperk voor die Dorpskantoor. Ons gaan lekker saam koffie en koekies nuttig waarna ons beplan om saam te open, die reëlings met almal te bespreek en dan in groepe te verdeel om toe te sien dat ons die hele dorp effektief kan bereik. Elke groep kan verdaag sodra hy klaar sy roete voltooi het, maar ons nooi graag almal wat hieraan deelneem om teen 11 uur by Rooipoort parkie bymekaar te kom vir lekker verversing en ‘n koue lafenis.
Belangstellendes kan gerus vir Karlien de Beer by 053 207 0063 of karlien@myorania.co.za vir verdere inligting kontak.
Onthou asseblief ‘n hoed, geskikte skoene en ‘n bottel water. Ons sal swart plastieksakke voorsien.
Orania groete,
Arno Lambrechts
Hoof: Gemeenskapsdienste
Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: 🔗 https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ‘n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: 🔗 https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…