046/2026

BEHUISING BENODIG VIR WINTERSPELE GASTE

Uitgereik op: 16 April 2026
Inligting en Skakeling

0

BEHUISING BENODIG VIR WINTERSPELE GASTE

046/2026

16 April 2026

Geagte Oraniƫrs,

BEHUISING BENODIG VIR WINTERSPELE GASTE

Opsomming : Oraniƫrs wat oop kamers of woonstelle beskikbaar het, kan dit oorweeg om dit aan besoekers te verhuur tydens die opkomende BCVO-Winterspele.

NOTA: Hierdie kennisgewing handel oor ’n onderwerp wat nie onder die direkte beheer van die Dorpsraad val nie (dit is ’n CVO-geleentheid), maar aangesien dit die hele dorp raak, deel ons dit graag via die Dorpsraad se kommunikasiekanale.

Soos die meeste inwoners reeds bewus is, gaan Orania eersdaags waarskynlik die grootste aantal besoekers nóg vir ’n gebeurtenis verwelkom, met die aanbieding van die BCVO-Winterspele op 25, 26 en 27 Junie 2026. Hierdie geleentheid bring alle CVO-skole van regoor Suid-Afrika bymekaar, en daar word ’n totaal van ongeveer 3 000 besoekers verwag, waarvan sowat 1 000 die jong sportlui self is en die res hul families en ondersteuners. Dit sal dus ’n inspuiting van groot bedrae Ora’s in ons plaaslike ekonomie meebring, terwyl dit ook sterk belyn is met Orania se Christelik-kulturele aard. Ons vryheidstrewe – en die wyse waarop Orania dit reeds ’n praktiese werklikheid maak – sal aan hierdie goedgesinde besoekers uitgedra word, wat op vele maniere positief is vir ons gemeenskap.

Daar is klaar deeglike beplanning en voorbereiding vir die geleentheid in plek, maar een aspek waarby ā€œgewoneā€ inwoners nog betrokke kan raak, is om verblyf aan gaste te verskaf.

Ons gastehuise is reeds vol bespreek, en daar word ook voorsiening gemaak vir besoekers in byvoorbeeld koshuise, maar daar is egter beslis steeds aanvraag vir inwoners om oop kamers of woonstelle (of selfs hele woonhuise) vir daardie paar dae te verhuur. Afhangend van wat presies aangebied word, kan die prys wissel, maar vir iets soos ’n netjiese kamer (met byvoorbeeld koffie en beskuit ingesluit), sal ’n bedrag van tot R500 per nag waarskynlik nie buitensporig wees nie. Ekstras, soos gekookte etes, kan natuurlik ook teen betaling aangebied word.

Indien inwoners hul name op die lys wil plaas om verblyf aan besoekers aan te bied, moet hulle asseblief met Orania CVO-skool in verbinding tree per e-pos by admin@oraniacvo.co.za , of telefonies by 053 207 0177 (landlyn) of 066 579 8224 (WhatsApp).

Vriendelike groete,

Burger Lambrechts
Orania Dorpsraad : Kommunikasiebestuurder

Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: šŸ”— https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ā€˜n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: šŸ”— https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/

Noodnommers

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Hospitaal

Huis Dokter

Orania Ambulaans

Elektrisien

Loodgieter

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Kennisgewings

Opkomende inskrywings…

119/2026
(Uitgereik op: 4 September, 2026)
Inligting en Skakeling
117/2026
(Uitgereik op: 1 September, 2026)
Korporatiewe Dienste
116/2026
(Uitgereik op: 1 September, 2026)
Ingenieursdiente

Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…

Nuusbriewe

Opkomende inskrywings…

01/2024
(Uitgereik op: 2 May, 2024)

2

Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…

Kalender

Opkomende inskrywings…

5
Sep
Saturday 5 September, 2026
- 5 September, 2026
10:00 am
18
Sep
Friday 18 September, 2026
- 18 September, 2026
3:00 pm
1
Oct
Thursday 1 October, 2026
- 3 October, 2026
Gemeenskapsdienste
1
Oct
Thursday 1 October, 2026
- 3 October, 2026
8:00 am
10
Oct

Vir meer kalender inskrywings, gaan na…

Orania Kaart

Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…

Algemene Skakels

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Beweging

OVD Watervleuel

Regspleging

Orania Ontwikkelingsmaatskappy

OSK

OSK Koƶperatiewe Bank

Orania Sakekaner

Radio Orania

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Korporatief

Dokumente Korporatief Filter

Finansies

Dokumente Finansies Filter

Grongebruik

Dokumente Grondgebruik Filter

Dorpsreƫls

Dorpsreƫls