163/2025
25 Augustus 2025
Geagte Oraniërs,
BEKENDSTELLING VAN KANDIDAAT DIREKTEURE (OAB)
Opsomming : Daar sal op Maandag, 8 September 2025, ‘n geleentheid wees vir die gemeenskap om die voorgestelde kandidaat direkteure vir OAB te ontmoet en om vrae aan hulle te stel. Die verkiesing tussen OAB aandeelhouers vind plaas tydens die OAB AJV op 12 September 2025.
Orania Aandeleblok (RF) (Eiendoms) Beperk (OAB) staan op die vooraand van ‘n verkiesing vir nuwe direkteure, aangesien mnr FJD de Klerk en mnr JA Venter se termyne ooreenkomstig OAB se rotasiebeleid, tydens OAB se algemene jaarvergadering wat DV op 12 September 2025 gehou word, verstryk.
Nominasies vir die vulling van die twee vakature is aangevra en geldige nominasies is vir mev IM Roets en mnre FJD de Klerk en PS Krige ontvang, wat as direkteure deur aandeelhouers verkies kan word.
Die gemeenskap word hartlik uitgenooi om die bekendstelling van kandidate by te woon en waardevolle insette tot die leierskap van OAB te lewer.
Die geleentheid word geskep om die kandidate beter te leer ken en hul visie vir Orania aan te hoor. Daar sal geleentheid wees om vrae aan die kandidate te stel.
Datum: Maandag 8 September 2025
Tyd: 18:00
Plek: BKO-Ouditorium
Voorsitter: Mev Lida Strydom
Oraniagroete,
Jacques van Wyk
Maatskappysekretaris
Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: 🔗 https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ‘n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: 🔗 https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…