059/2025

BELANGRIKE INLIGTING OOR VERBLYFREG

Uitgereik op: 28 March 2025
Uitvoerende Hoof

1

BELANGRIKE INLIGTING OOR VERBLYFREG

Geagte Aandeelhouers en Inwoners,

BELANGRIKE INLIGTING OOR VERBLYFREG

Opsomming : Die belangrikheid van Verblyfreg en die gevolge daarvan as dit nie reg hanteer word nie, word in hierdie skrywe bespreek.

VERBLYFREG

Orania streef ‘n ideaal na waaraan ons daagliks prakties meewerk. Hierdie ideaal hou in dat dit Afrikaners is wat in Orania woon, werk en bou aan selfbeskikking. Om ons ideaal te ondersteun en daarmee saam risiko’s vir die gemeenskap te beperk, volg Orania ’n beleid dat enige persoon wat in Orania wil woon of werk, oor Verblyfreg moet beskik. Met Verblyfreg maak ons seker dat dit Afrikaners is, gebind in ons kultuur, wat meewerk aan ons strewe.

Verblyfreg het dit derhalwe ten doel om ons rondom ’n gedeelde identiteit en grondslag in te sluit, maar ook om daardie gedrag wat met ons waardes onversoenbaar is uit te sluit. Met Verblyfreg word ’n regsverhouding gevestig en waarop ’n persoon wat ernstige misdade in Orania sou pleeg, Verblyfreg weer kan verloor.

Verblyfreg staan onder die toesig en beheer van die Verblyfregbeleidkomitee (VBK) wat uit al die grondentiteite, die Orania Verteenwoordigende Raad en die Orania Beweging saamgestel word. Die Dorpsraad bied operasionele ondersteuning met die daarstel van die Kantoor vir Verblyfreg.

Toenemend persone sonder Verblyfreg

Daar is ongelukkig ’n toename in persone wat in Orania woon en/of werk, maar nie oor Verblyfreg beskik nie. Hierdie persone word meestal deur inwoners, wat die reëls rakende Verblyfreg ken, van verblyf of werk voorsien.

Daar is verskeie redes waarom persone die voordele van Orania wil geniet, maar nie aansoek om Verblyfreg doen nie. Daar was ’n paar gevalle waar die persoon nie ’n Afrikaner is nie en soms glad nie Afrikaans kan of wil praat nie. In ander gevalle het die persone ’n uitgebreide misdaadrekord, gebruik dwelmmiddels, of is daar ander risiko’s vir die gemeenskap. Hierdie betrokke persone vermoed, of word ingelig, dat sou hul aansoek om Verblyfreg doen, dit moontlik onsuksesvol kon wees. In sekere gevalle is dit inwoners wat nuwe intrekkers wat by hul woon of by hul werk ontmoedig om aansoek om Verblyfreg te doen.

Die gemeenskap dra die gevolge

Indien persone in Orania woon en werk, sonder dat hul oor Verblyfreg beskik, dra ons gemeenskap die nadelige gevolge daarvan. Ons gemeenskaplike verbintenis en strewe tot ons ideaal word ondergrawe terwyl wesenlike risiko’s na vore tree.

Daar is reeds melding gemaak van verskeie risiko’s wat sodanige persone by aanvang van hul verblyf vir die gemeenskap inhou. Ongelukkig wil dit in verskeie van die gevalle blyk dat hierdie persone, wat nie aansoek om Verblyfreg doen nie, hul risikoprofiel gestand doen. Sommige woon en werk in Orania terwyl hulle deurlopend Engels praat, daar is persone gevang wat dwelms besit of versprei en in ’n ander geval het ’n persoon wat meer as ses maande sonder Verblyfreg in Orania gewoon het geld van ’n inwoner by wyse van bedrog gesteel.

Inwoners wat aan persone wat nie oor Verblyfreg beskik nie, verblyf of werk verskaf, sien dalk vir hulself ’n kortstondige voordeel raak, maar die gemeenskap as ’n geheel word egter daarin wesenlik benadeel.

Verblyfregreëls

Enige inwoner wat aan ’n persoon verblyf of werk verskaf, terwyl daardie persoon nie oor Verblyfreg beskik nie (of wie se Verblyfreg opgehef is), oortree Orania se Verblyfregreëls. Ons Dissiplinêre Kode stel dit baie duidelik dat daar teen sodanige persone gepaste optrede moet volg.

Inwoners word aangemoedig om met die Kantoor vir Verblyfreg te skakel indien hul onseker is welke ’n persoon oor Verblyfreg beskik al dan nie.

Verblyfregbeleidkomitee stel beleid in

Die VBK het in die lig van ’n toename van die getal persone wat in Orania sonder Verblyfreg woon of werk, beleid in werking gestel wat sodanige gevalle duidelik aanspreek. Die beleid stel kortliks die volgende:

1. Die verstek posisie is dat persone van buite Orania aansoek om Verblyfreg moet doen, voordat hulle hulself in Orania vestig.

2. Dit is moontlik om Orania vir ’n tydperk van tot en met 28 dae sonder Verblyfreg as “bona fide” besoeker te besoek.

3. Indien ’n persoon homself in Orania vestig sonder om aansoek om Verblyfreg te doen, is dit ’n oortreding van Orania se reëls.

4. ’n Persoon wat hom- of haarself in Orania op semi-permanente of permanente basis wil vestig, het ’n tydperk van 5 (vyf) kantoordae vandat hy of sy in Orania aangekom het om aansoek om Verblyfreg te doen (die “voorgeskrewe tydperk”).

5. Persone wat hulself in Orania vestig en nie aansoek om Verblyfreg binne die voorgeskrewe tydperk doen nie, moet Orania verlaat en moet van buite Orania aansoek doen.

6. In die geval waar ’n persoon hom- of haarself in Orania vestig, maar aanvoer dat hy of sy ’n bona fide besoeker is, sal die voordeel van die twyfel aan die persoon gegee word, met dien verstande dat:

· In die geval waar die persoon ’n permanente werk opneem of ’n huurkontrak aangaan of poog aan te gaan of ’n besigheid begin bedryf, moet die persoon die dorp verlaat en van buite Orania aansoek om Verblyfreg doen.

. Waar die persoon langer as 28 dae in Orania bly, moet die persoon die dorp verlaat en van buite Orania aansoek om Verblyfreg doen.

Versoek van OAB-direksie aan die Verblyfregbeleidkomitee rakende 28-dae tydperk

Die VBK het ’n versoek vanaf die direksie van OAB ontvang dat daar oorweging aan die tydperk wat besoekers aan Orania mag aflê, sonder dat verdere aansoek gebring word, gegee word. Hierdie tydperk is op die oomblik 28 dae en sal die VBK sodanige versoek by die volgende vergadering onder bespreking neem.

Voormelde beleid rakende die tydperke van toepassing waarbinne persone moet aansoek doen, is derhalwe ten aansien van sodanige persone wat hulself in Orania vestig om hier te woon of werk. Dit is nie van toepassing op die tydperk wat besoekers Orania mag besoek nie.

Die proses

In die geval waar ’n persoon besig is met sy of haar aansoek om Verblyfreg, kan ’n tydelike Voogdyskapvorm uitgereik word en wat inhou dat sodanige persoon wel onderhewig aan finale Verblyfreg in Orania mag woon of werk. Sodanige Voogdyskapvorm word slegs uitgereik nadat die aansoek om Verblyfreg reeds ingevul is.

Die proses om aansoek om Verblyfreg te doen, geskied aanlyn, is vaartbelyn en onderhewig aan vasgestelde beleid met die oogmerk om verwelkomend teenoor aansoekers te wees. Aansoeke word ook nie lukraak in oorweging geneem nie, maar aan die hand van die beleid soos deur die VBK bepaal.

Om voorsiening vir verskillende omstandighede te maak bestaan die volgende kategorieë waaronder persone kan aansoek doen:

1. Verblyfreg: Hierdie is die aansoek wat oor die algemeen gebring word as ʼn vereiste vir alle inwoners bo die ouderdom van 18 wat in Orania wil woon, werk, eiendom koop of ʼn besigheid registreer.

2. Studentepermit: Hierdie aansoek kan gebring word deur ’n persoon wat in Orania wil woon en studeer. Die proses is administratief makliker as wat by Verblyfreg vereis word, maar sal die persoon wat na sy studies in Orania wil woon dan nog steeds om Verblyfreg moet aansoek doen.

3. Werkspermit: In gevalle waar ’n persoon vir ’n beperkte tydperk van langer as twee dae maar nie langer as 120 dae nie ’n vooraf gereëlde werk / diens in Orania verrig, kan hy of sy aansoek om ’n Werkspermit doen. Sodanige persoon wat langer as 120 dae in Orania wil werk moet vir Verblyfreg aansoek doen.

4. Besoekerspermit: In gevalle waar ’n persoon nie permanent in Orania wil vestig nie, maar wel vir ’n beperkte tyd wat langer as 28 dae duur om welke redes anders as om werk te verrig in Orania besoek wil aflê kan hul aansoek vir ’n Besoekerspermit doen.

U word graag genooi om met die Kantoor vir Verblyfreg by verblyfreg@myorania.co.za te skakel ten aansien van die voorwaardes en vereistes wat by elke soort aansoek van toepassing is.

Ondersteunende gemeenskap

Ons betuig graag ons dank aan die oorgrote meerderheid van die gemeenskap wat ons met die toepassing van Verblyfreg ondersteun. Die kantoor het nie die kapasiteit om te kontroleer of ieder en elke persoon in Orania oor Verblyfreg beskik nie. Dit is egter meestal lede van die gemeenskap self wat na vore tree en ons daarin bystaan, ook met die aanmelding van gevalle waar persone in Orania woon of werk en nie oor Verblyfreg beskik nie.

Voormelde deelname en ondersteuning van die gemeenskap maak ’n groot verskil. Dit kom vanuit die oortuiging dat ons in Orania met ’n groter ideaal as bloot die eie self mee besig is.

Vriendelike Groete

Jan van Zyl

Hoof: Verblyfreg

U kan, soos altyd, die Dorpsraad oor enige onderwerp kontak deur die volgende skakel te volg : https://myorania.co.za/kontak-ons/

Indien u dit anoniem wil doen, kan u die Anonieme Forum op die myorania.co.za webwerf gebruik, deur die volgende skakel te volg – https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/

Kennisgewings

Opkomende inskrywings…

087/2025
(Uitgereik op: 29 April, 2025)
Inligting en Skakeling
086/2025
(Uitgereik op: 28 April, 2025)
Inligting en Skakeling
085/2025
(Uitgereik op: 25 April, 2025)
Gemeenskapsdienste
084/2025
(Uitgereik op: 25 April, 2025)
Orania Veiligheidsdienste

Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…

Orania Kaart

Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…

Algemene Skakels

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Beweging

OVD Watervleuel

Regspleging

Orania Ontwikkelingsmaatskappy

OSK

OSK Koöperatiewe Bank

Orania Sakekaner

Radio Orania

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Nuusbriewe

Opkomende inskrywings…

01/2024
(Uitgereik op: 2 May, 2024)

2

Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…

Noodnommers

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Hospitaal

Huis Dokter

Orania Ambulaans

Elektrisien

Loodgieter

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Kalender

Opkomende inskrywings…

1
May
Thursday 1 May, 2025
- 3 May, 2025
Algemeen
2
May
Friday 2 May, 2025
8
May
Thursday 8 May, 2025
- 10 May, 2025
6:00 pm
9
May
Friday 9 May, 2025
- 9 February, 2025
4:00 pm

Vir meer kalender inskrywings, gaan na…