Geagte Aandeelhouers en Inwoners,
GANNABOSLAAN (VOOR GANNABOS WOONSTELLE) GAAN LANK GESLUIT WEES
Opsomming : Gannaboslaan (voor die Gannabos Woonstelle) gaan vanaf Maandag, 20 Januarie 2025, vir ‘n tydperk van minstens drie maande gesluit wees vir opgradering.
Neem asseblief kennis daarvan dat Gannaboslaan, voor die Gannabos woonstelle, vanaf 20 Januarie vir minstens drie maande gesluit gaan wees vir die beplande opgradering daarvan na ‘n teerpad. Dit vorm deel van die Vergelegen ontwikkeling en die opgradering word deur die ontwikkelaar gefinansier.
Inwoners van Gannabos en die Kambro hoewes se toegang gaan hierdeur geraak word en daar word versoek dat inwoners asb. Kambrolaan (tussen die CVO skool en Vaalbos) as alternatiewe roete gebruik. Daar sal ook alternatiewe parkering vir Gannabos se inwoners voorsien word by die nuwe geteerde parkeerarea aan die westekant van Gannabos.
Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur van die volgende skakel gebruik te maak:
https://myorania.co.za/kontak-ons/
Vriendelike groete,
Andre van Heerden
Hoof: Ingenieursdienste
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…