192/2025
16 Oktober 2025
Geagte Oraniërs,
GEDULD WORD GEVRA MET PLAAS-TOERUSTING IN EN OM ORANIA
Opsomming : Inwoners se geduld met plaas-toerusting in en om die dorp word versoek.
In ’n plattelandse plek soos Orania verstaan ons almal hoe belangrik die boerderygemeenskap is en waardeer ons hulle opreg. Die landbou is deel van ons Boere-Afrikaner-kultuur en is dus selfs belangriker vir ons as in ’n “gewone” dorp.
Ons beweeg tans ’n besige tyd in op die boerderykalender, met veral die stroop van koring en die plant van mielies wat om die draai is. Hierdie aktiwiteite beteken dat daar gereeld groot trekkers of swaar plaas-toerusting sal wees wat deur die dorp of op die R369 beweeg en inwoners word dus versoek om geduldig te wees met enige moontlike oponthoude wat daardeur veroorsaak word.
Ter wille van veiligheid is dit ook belangrik om genoeg spasie rondom sulke voertuie en implemente te los, sodat hulle ongehinderd kan stop en draai ens. OVD werk graag saam met die boere deur hulle te begelei waar moontlik.
Vriendelike groete,
Ettiene de Lange
Hoof – OVD
Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: 🔗 https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ‘n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: 🔗 https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…