145/2025
6 Augustus 2025
Geagte Oraniërs,
GEMEENSKAPSGESPREK OOR GESONDHEIDSORG IN ORANIA
Opsomming : Op Maandag, 25 Augustus om 18:00, sal daar ’n gemeenskapsgesprek oor gesondheidsorg in die Gemeenskapsaal plaasvind. Tydens dié geleentheid sal Orania Gesondheidsorg MSW – ’n maatskappy wat vanuit die gemeenskap ontstaan het – hul voorgestelde oplossings vir Orania se gesondheidsorguitdagings verduidelik.
Oraniërs is deeglik bewus daarvan dat die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid reeds vir ’n geruime tyd sukkel om voldoende dienste te lewer by die staatskliniek in Kleingeluk, wat veroorsaak dat baie inwoners nie altyd toegang tot goeie mediese sorg het nie. Tesame hiermee bied die komende veranderinge in die beskikbaarheid van privaat mediese dienste op die dorp, ook ’n uitdaging vir die hele gemeenskap.
Die situasie met die kliniek het daartoe gelei dat ’n groep inwoners, onder leiding van mnr. Jannie Roux, dr. Lardus Erasmus en sr. Karin Bain, oor die afgelope paar jaar begin het om ’n alternatiewe gemeenskapsoplossing vir gesondheidsorg in Orania op die been te bring. Hulle het ’n maatskappy gestig genaamd Orania Gesondheidsorg MSW, en wil graag op 25 Augustus, om 18:00 in die Gemeenskapsaal, die oplossings wat dit bied aan die gemeenskap voorhou.
Doelstellings van Orania Gesondheidsorg MSW
Orania Gesondheidsorg MSW is veral verbind tot die bevordering van volhoubare gesondheidsdienslewering deur noue samewerking met die openbare én privaat sektor, sodat doeltreffende en professionele dienste aan die hele gemeenskap gelewer kan word.
As ’n maatskappy sonder winsoogmerk, is hulle toegewy aan die verbetering van gesondheidsorg vir alle Oraniërs – veral vir dié wat nie toegang het tot betaalde dienste nie – in lyn met Orania se doelwit van selfbeskikking en gemeenskapsverantwoordelikheid. Die hoofdoelstellings is om:
• Gesondheidsdienste en -produkte aan die breë Orania-gemeenskap te lewer, ter ondersteuning van die privaatsektor;
• Infrastrukture en fasiliteite op te rig, in stand te hou en te bedryf om gesondheidsdienste te ondersteun;
• Gesondheidsorg in die breë te verbeter deur siektevoorkoming, die bevordering van gesonde lewenstyle en die versekering van toegang tot doeltreffende, volhoubare gesondheidsorg in samewerking met die privaatsektor en gemeenskapsinstellings;
• Volhoubare gesondheidsdienslewering in die privaatsektor te fasiliteer deur vennootskappe met onafhanklike praktisyns en deur die gebruik van moderne administratiewe stelsels.
Almal word hartlik uitgenooi na hierdie vergadering om saam met ons gesondheidsorg in Orania te bespreek en deel van die oplossing te word.
Vriendelike groete,
Burger Lambrechts
Orania Dorpsraad – Hoof : Inligting en Skakeling
Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: 🔗 https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ‘n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: 🔗 https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/
Die bogenoemde vloedrisikovlakke word as aanduiders van gevaar gebruik:
Vlak GROEN: normale riviervlakke
Vlak GEEL: dreigende gevaar, wees paraat (geen toegang tot die rivier)
Vlak ORANJE: beveilig eiendom en verwyder waardevolle items en diere in geïdentifiseerde gebiede (verhoogde paraatheid)
Vlak ROOI: alle persone in geïdentifiseerde gebiede ontruim teen ʼn aangekondigde tyd
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…