194/2025
21 Oktober 2025
Geagte Oraniërs,
GEMEENSKAPSVERGADERING OP 30 OKTOBER 2025 OOR MEDIESE DIENSTE IN ORANIA
Opsomming: Orania Gesondheidsorg MSW sal tydens ‘n gemeenskapsvergadering op 30 Oktober die planne vir die nuwe Orania Mediese Sentrum bekendstel. Inwoners kan intussen ook steeds hul insette lewer oor wat hulle daarvan verwag (sien skakel hieronder).
Nota vanaf Dorpsraad: Orania Gesondheidsorg MSW is ‘n gemeenskapsinisiatief, maar aangesien mediese dienste so belangrike onderwerp is vir die hele dorp, word die Dorpsraad se kommunikasiekanale hiermee gebruik om seker te maak dat soveel as moontlik Oraniërs ingelig is daaroor.
Boodskap vanaf Orania Gesondheidsorg MSW:
Alle inwoners word hartlik uitgenooi na ’n gemeenskapsvergadering waar die planne vir die nuwe Orania Mediese Sentrum bekendgestel sal word.
Datum: Donderdag, 30 Oktober 2025
Tyd: 18:00
Plek: Gemeenskapsaal, Orania
Tema: Orania Mediese Sentrum – gesondheid vir die toekoms van ons gemeenskap
Kom luister na die vordering met die mediese dienste, ons toekomstige planne en hoe elke inwoner deel kan wees van hierdie opwindende ontwikkeling in Orania se gesondheidsorg.
Indien u nog nie u mening gedeel het rakende die Mediese Sentrum en wat u daarvan verwag nie, vra ons dat u dit asseblief doen deur die volgende skakel te volg (dit vat minder as 2 minute) :
🔗 Vul die vorm hier in: https://forms.gle/zV7uAjRKSAPCUWZ87
U insette is anoniem en belangrik (sodat ons almal se gesondheidsbehoeftes beter kan verstaan)!
Orania Gesondheidsorg MSW
💚 Saam bou ons ‘n gesonde gemeenskap.
Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: 🔗 https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ‘n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: 🔗 https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/