Geagte Aandeelhouers en Inwoners,
GEMEENSKAPSVERGADERING OP MAANDAG, 3 MAART 2025
Opsomming : Daar gaan op Maandag, 3 Maart 2025, om 17h30 ‘n gemeenskapsvergadering in die Gemeenskapsaal wees, om die ontvangs van besoekers aan gastehuise te bespreek.
Die Orania gemeenskap voer die afgelope week nogal lewendige gesprekke oor die manier hoe besoekers aan die dorp, veral gaste by gastehuise, in ‘n selfbeskikkende Orania ontvang behoort te word. Hierdie gemeenskapsvergadering bied ‘n goeie geleentheid vir dié onderwerp om deeglik bespreek te word.
Besigheidseienaars in die gasvryheidsbedryf word spesifiek versoek om ook die vergadering by te woon, want hulle insette oor hierdie onderwerp sal veral waardevol wees.
Datum : Maandag, 3 Maart 2025
Tyd : 17h30 tot ongeveer 19h30
Plek : Gemeenskapsaal
Sien u daar! Elke mening is kosbaar.
Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak, oor enige onderwerp, deur die volgende skakel te gebruik: $ https://myorania.co.za/kontak-ons/$
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ‘n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: $ https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/$
Groete,
Gawie Snyman
Orania Dorpsraad : Uitvoerende Hoof
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…