Geagte Aandeelhouers en Inwoners,
GRONDGEBRUIKAANSOEKE VIR OPENBARE KOMMENTAAR
Opsomming : Daar is twee aansoeke vir drankverkope waarop openbare kommentaar gelewer kan word tussen vandag en 6 Januarie 2025.
U word genooi om die volgende aansoeke (met voorlopige voorwaardes) by die Dorpskantoor te besigtig en, waar nodig, kommentaar te lewer:
1. VOORGESTELDE GOEDKEURING VAN DRANKVERKOPE BY AANDEELBLOK A007, ORANIA, NOORD-KAAP
Besigheidsnaam: OPPI-DORP
Tipe Besigheid: RESTAURANT
Adres: H/V SAFFIERSTRAAT-OOS EN PÊRELLAAN-OOS , ORANIA
Verantwoordelike persoon en lisensiehouer: G.W MEINTJIES EN J.F MULDER
Aandeleblokeienaar: H. JONK
2. VOORGESTELDE GOEDKEURING VAN DRANKVERKOPE BY AANDEELBLOK H031, ORANIA, NOORD-KAAP
Besigheidsnaam: DIE REBEL
Tipe Besigheid: NASIONALE VERSPREIDING, MIKRO-VERVAARDIGER EN DRANKWINKEL (BEPERK TOT SLEGS BOETIEKWYN)
Adres: H/V DIAMANTLAAN-WES EN SAFFIERSTRAAT-WES ORANIA Verantwoordelike persoon en lisensiehouer: M.E VAN DALEN
Aandeleblokeienaar: ADALEX BELEGGINGS (EDMS) BPK
**BESIGTIGINGSDATUMS**
Die geskrewe aansoeke kan tydens kantoorure (08:00 tot 16:00) by die dorpskantoor besigtig word vanaf Maandag 9 Desember 2024 tot Maandag 6 Januarie 2025.
Skriftelike kommentaar moet voor of op Maandag 6 Januarie 2025 by die Dorpskantoor ingedien word.
Navrae kan aan Cobus Pretorius gerig word by die Dorpskantoor, maar u is ook, soos altyd, welkom om in kontak met die dorpsraad te tree oor enige onderwerp, deur van die volgende skakel gebruik te maak:
Vriendelike groete,
Cobus Pretorius
Hoof : Beplanning en Grondgebruik
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…