Geagte Aandeelhouers en Inwoners,
HANTERING VAN OËNSKYNLIKE BOTSING VAN BELANGE TUSSEN OAB EN SY WERKNEMERS
Opsomming : Aandeelhouers en/of belanghebbendes word uitgenooi om OAB se maatskappysekretaris te kontak indien hulle oor enige inligting sou beskik waar daar ’n oënskynlike botsing van belange tussen OAB en sy werknemers sou bestaan.
Orania Aandeleblok (RF) (Eiendoms) Beperk (OAB) se direksie het op 9 September 2024 ’n brief van ’n aandeelhouer ontvang waarin die direksie se aandag daarop gevestig is dat mnr Gawie Snyman se betrokkenheid as OAB se uitvoerende hoof en sy betrokkenheid by Byekorf Eiendomme (Byekorf), volgens die aandeelhouer ’n botsing van belange meebring en is die direksie versoek dat die praktyk gestaak word. OAB se direksie het na oorweging van die versoek, en die onsekerheid of daar wel ’n botsing van belange bestaan, die aangeleentheid na LWO Werkgewersorganisasie (LWO) as ‘n onpartydige derdeparty vir oorweging verwys. Nadat LWO die aangeleentheid aan die hand van die beskikbare feite, die heersende reg en die wesenlike verskil tussen die vestiging van belange wat voortydig deur mnr Snyman verklaar is, en die botsing daarvan, oorweeg het, is ’n aanbeveling aan OAB se direksie gedoen dat daar nie op die beskikbare feite ’n botsing van belange tussen mnr Snyman, OAB en Byekorf bestaan nie.
OAB se direksie het op aanbeveling van LWO, die aandeelhouer op 31 Oktober 2024 skriftelik van die bevinding in kennis gestel en die aandeelhouer uitgenooi om voorbeelde aan die direksie uit te wys waar mnr Snyman se belange as OAB se uitvoerende hoof en sy betrokkenheid by Byekorf tot sy eie voordeel aangewend is, of sy oordeel as uitvoerende hoof kan belemmer, ten einde die direksie in staat te stel om die aangeleentheid verder te oorweeg. Geen bewys/e is tot hede ontvang nie.
OAB onderskryf ’n korporatiewe regeringsbeleid wat deursigtigheid bevorder en word aandeelhouers en/of belanghebbendes uitgenooi om OAB se maatskappysekretaris te kontak indien hulle oor enige inligting sou beskik waar daar ’n oënskynlike botsing van belange tussen OAB en sy werknemers sou bestaan.
Die uwe ,
Jacques van Wyk
Maatskappysekretaris
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…