096/2025
13 Mei 2025
HERINNERING : IS ORANIA SE ONAFHANKLIKHEID NABY?
Herinnering: Onthou asb van Donderdagaand se gesprek oor Orania se weg na onafhanklikheid. Dit gaan oor een van die belangrikste onderwerpe moontlik vir Orania en daar is geen kostes om dit by te woon nie.
Opsomming: Orania is per definisie oppad na onafhanklikheid en vryheid, maar hoe vorder ons in werklikheid met daardie strewe? Kom gesels op 15 Mei tydens ’n gemeenskapsgesprek deeglik hieroor.
Onder die tema “Selfbeskikking: Om die ideaal ’n werklikheid te maak”, gaan Jan van Zyl (’n regsgeleerde verbonde aan die Dorpsraad) die onderwerp uiteensit, waarna die gemeenskap vrae kan vra en dit verder bespreek. Hierdie is ’n saak wat naby aan die hart van elke Oraniër lê en ons verwag waardevolle insette uit die gehoor.
Volke se wettige reg tot selfbeskikking en die praktiese vereistes waaraan hulle moet voldoen om dit ’n werklikheid te maak, word deur nasionale en internasionale reg beskryf. Dit bied vir Orania ’n duidelike teiken om na te mik in ons strewe na vryheid. Jan gaan hierdie vereistes uiteensit en verduidelik watter optredes ons nader aan die doel bring – en watter ons wettiglik daarvan kan laat afdwaal. Hy sal onder meer gesels oor Orania se verhouding tot ras, kultuur, ander gemeenskappe en die Suid-Afrikaanse staat.
Indien Orania nie ons pad na selfbeskikking binne die raamwerk van die reg kan plaas nie, is die projek gedoem tot mislukking – en leef ons nie meer opreg ons ideaal uit nie. Gesprekke soos hierdie is noodsaaklik om seker te maak dat ons as gemeenskap realistiese verwagtinge het en dat ons op die regte manier aan ons toekoms bou.
Tema : Selfbeskikking: Om die ideaal ’n werklikheid te maak
Datum : Donderdag, 15 Mei 2025
Tyd : 17:30 tot ongeveer 19:30
Plek : Gemeenskapsaal
Ons hoop om baie Oraniërs by hierdie gesprek te sien!
Vriendelike groete,
Gawie Snyman
Orania Dorpsraad – Uitvoerende Hoof
Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: 🔗 https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ‘n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: 🔗 https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/
Die bogenoemde vloedrisikovlakke word as aanduiders van gevaar gebruik:
Vlak GROEN: normale riviervlakke
Vlak GEEL: dreigende gevaar, wees paraat (geen toegang tot die rivier)
Vlak ORANJE: beveilig eiendom en verwyder waardevolle items en diere in geïdentifiseerde gebiede (verhoogde paraatheid)
Vlak ROOI: alle persone in geïdentifiseerde gebiede ontruim teen ʼn aangekondigde tyd
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…