206/2025

HERINNERING – MENINGSPEILING OOR AMPTELIKE ORANIA SIMBOLE SLUIT MÔRE

Uitgereik op: 3 November 2025
Algemeen

0

HERINNERING – MENINGSPEILING OOR AMPTELIKE ORANIA SIMBOLE SLUIT MÔRE

206/2025

3 November 2025

Geagte Oraniërs,

HERINNERING – MENINGSPEILING OOR AMPTELIKE ORANIA SIMBOLE SLUIT MÔRE

*Opsomming: Die meningspeiling om Oraniërs se gunsteling vis, blom, boom, dier en voël te bepaal, sluit môre, Dinsdag 4 November 2025. Inwoners wat nog nie die peiling voltooi het nie, kan dit doen deur die volgende skakel te volg (https://www.surveymonkey.com/r/8Z9GYRF)*

Die Simbolekomitee (soos daargestel deur die Orania Bewaringstigting) het, met dankbaarheid teenoor die gemeenskap, ’n verskeidenheid baie goeie voorstelle vir Orania se simbole ontvang. Vanuit hierdie voorstelle kan vir Orania ’n amptelike dier, voël, boom, vis en blom daargestel word.

Soos voorheen vermeld, het die Orania Bewaringstigting ’n projek begin waardeur ons vir Orania amptelike simbole wil kies. Hierdie projek geskied met die ondersteuning van die Orania Verteenwoordigende Raad (OVR) en Orania se grondentiteite.

Die suiweringsproses ten opsigte van die verskeie voorstelle wat ontvang is, het om verskeie redes langer geduur as wat aanvanklik voorsien is. Die nodige kundigheid is vir sekere voorstelle betrek om te bepaal of dit aan die vereiste riglyne voldoen, wat ook addisionele tyd in beslag geneem het. Daar is egter nou ’n lys van voorstelle gefinaliseer waarmee die projek verder kan vorder.

Soos reeds voorheen gekommunikeer, word die voorstelle nou aan ’n meningspeiling onder die gemeenskap onderwerp. Daarna sal die Simbolekomitee die aangewysde verteenwoordigers van die Orania Bewaringstigting, die OVR en die grondentiteite byeenroep om, met inagneming van die meningsopname, Orania se amptelike simbole te bevestig. Die uitslag van die meningspeiling sal as ’n sterk aanduiding dien vir die aangewysde verteenwoordigers tydens hul oorweging van die voorstelle. Die finale, amptelike simbole sal vervolgens deur die OVR opgeneem en eiendomsregtelik bestuur word.

Die meningspeiling kan oopgemaak word deur die volgende skakel te volg: https://www.surveymonkey.com/r/8Z9GYRF

Die Orania Bewaringstigting spreek graag hul dank uit teenoor die OVR sowel as die grondentiteite wat hierdie projek ondersteun deur ook hierdie kennisgewing aan die inwoners van Orania te help kommunikeer. Ons vermeld ook met dank die Orania Dorpsraad se ondersteuning en bystand met die meningpeiling. Enigiemand met navrae word vriendelik versoek om dit na oraniasimbole@myorania.co.za te stuur. Die Dorpsraad bestuur nie self die projek nie, maar die Simbolekomitee sal graag met bystand help.

Die meningsopname sluit foto’s van die onderskeie simbole in, maar inwoners word aangemoedig om ook self verder oor elke voorstel te lees ten einde ’n simbool in elke kategorie aan te dui wat statig is en waarlik as ’n gewaardeerde natuursimbool van Orania kan bekendstaan.

Die meningspeiling kan tot en met 4 November 2025 voltooi word.

Ons hoor graag watter dier, voël, vis, boom en blom u as een van Orania se amptelike simbole wil sien.

Vriendelike groete,

Simbolekomitee – ’n Komitee van die Orania Bewaringstigting, met lede Cobus Pretorius, Jan Beyers, Lida Strydom en Jan van Zyl.

Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: 🔗 https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ‘n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: 🔗 https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/

Filters

Kennisgewings Date Rage Filter
Kennisgewings Type Checkbox Filter
Vloedrisikovlakke
Vloedrisikovlakke

Die bogenoemde vloedrisikovlakke word as aanduiders van gevaar gebruik:
Vlak GROEN: normale riviervlakke
Vlak GEEL: dreigende gevaar, wees paraat (geen toegang tot die rivier)
Vlak ORANJE: beveilig eiendom en verwyder waardevolle items en diere in geïdentifiseerde gebiede (verhoogde paraatheid)
Vlak ROOI: alle persone in geïdentifiseerde gebiede ontruim teen ʼn aangekondigde tyd

Korporatief

Dokumente Korporatief Filter

Finansies

Dokumente Finansies Filter

Grongebruik

Dokumente Grondgebruik Filter

Dorpsreëls

Dorpsreëls

Kennisgewings

Opkomende inskrywings…

046/2026
(Uitgereik op: 16 April, 2026)
Inligting en Skakeling
045/2026
(Uitgereik op: 16 April, 2026)
Ingenieursdiente
044/2026
(Uitgereik op: 15 April, 2026)
Ingenieursdiente

Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…

Orania Kaart

Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…

Algemene Skakels

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Beweging

OVD Watervleuel

Regspleging

Orania Ontwikkelingsmaatskappy

OSK

OSK Koöperatiewe Bank

Orania Sakekaner

Radio Orania

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Nuusbriewe

Opkomende inskrywings…

01/2024
(Uitgereik op: 2 May, 2024)

2

Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…

Noodnommers

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Hospitaal

Huis Dokter

Orania Ambulaans

Elektrisien

Loodgieter

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Kalender

Opkomende inskrywings…

15
May
Friday 15 May, 2026
- 16 May, 2026
Algemeen
12
Jun
Friday 12 June, 2026
- 13 June, 2026
5:00 pm
25
Jun
Thursday 25 June, 2026
- 27 June, 2026
8:00 am
25
Jun
Thursday 25 June, 2026
- 27 June, 2026
8:00 am
25
Jul
Saturday 25 July, 2026
- 25 July, 2026
7:00 am

Vir meer kalender inskrywings, gaan na…