151/2025
11 Augustus 2025
Geagte Oraniƫrs,
HERINNERING : NOG EEN WEEK OOR OM VOORSTELLE TE MAAK VIR ORANIA SIMBOLE
Opsomming : Nominasies vir Orania se amptelike simbole kan nog tot Vrydag 15 Augustus ingestuur word. Daarna volg ān publieke meningspeiling waartydens die gemeenskap hul gunstelinge kan kies.
Die Simbolekomitee is dankbaar vir al die besondere voorstelle wat reeds ontvang is om vir Orania ān amptelike dier, voĆ«l, boom, vis en blom te kies, maar inwoners kan steeds voorstelle maak tot die einde van hierdie week (15 Augustus 2025). Voorstelle kan na oraniasimbole@myorania.co.za gestuur word.
Die bydraes wat reeds ontvang is, sluit ook waardevolle insette oor die voorskrifte vir voorstelle in. Vir duidelikheid: voorgestelde spesies moet inheems wees tot die Bo-Karoo, maar nie noodwendig endemies soos aanvanklik aangekondig was nie (hulle mag dus ook elders voorkom). Ander voorskrifte is dat die voorstel nie reeds ān simbool van Suid-Afrika of naburige lande moet wees nie en nie tot komiese effek aanleiding moet gee nie.
Die beplanning is dat die Simbolekomitee die siftingsproses teen die einde van Augustus 2025 sal afhandel. Die beplande meningspeiling met die onderskeie voorstelle sal dan daarop volg.
Ons hoor graag watter dier, voƫl, vis, boom en blom u graag as Orania se amptelike simbole wil sien. Indien moontlik, sal dit gaaf wees indien u die beskrywing daarvan so akkuraat as moontlik kan gee.
Vriendelike groete,
Simbole Komitee
ān Komitee van die Orania Bewaringstigting en met lede daarvan Cobus Pretorius, Jan Beyers, Lida Strydom en Jan van Zyl.
Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: š https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ān opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: š https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…