017/2026
16 Februarie 2026
Geagte Oraniërs,
HOUT VERSNIPPERING
*Opsomming : Die Dorpsraad stel voor dat inwoners dit oorweeg om hul growwe tuinafval by H22 te laat versnipper en om slegs fyn tuinafval (grassnysels, blare, fyn takkies, ens.) by Orania se stortingsterrein af te laai.*
Ons herinner inwoners graag daaraan dat daar ’n privaat inisiatief in Orania is wat tuinafval versnipper. Dit is ’n uitstekende benutting van afvalplantmateriaal, wat met groot sukses in tuinbou gebruik kan word as bemesting of bedekking, en die Dorpsraad verwelkom hierdie inisiatief.
Die aandeelblok waar die tuinvullis gelewer kan word, is H22, wat langs die Rooipoort-ontwikkeling geleë is (die ingang is vanuit Diamantlaan). Neem asseblief kennis dat slegs growwe tuinvullis hier gelewer kan word. Fyn tuinvullis (grassnysels, blare, fyn takkies, ens.) moet steeds by die stortingsterrein afgelaai word vir die rehabilitasie daarvan.
Kontak gerus vir mnr. Claude Pretorius van H22 vir enige verdere navrae by 083 266 5540.
Vriendelike Groete,
Andre van Heerden
Hoof : Ingenieursdienste
Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: 🔗 https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ‘n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: 🔗 https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/
Die bogenoemde vloedrisikovlakke word as aanduiders van gevaar gebruik:
Vlak GROEN: normale riviervlakke
Vlak GEEL: dreigende gevaar, wees paraat (geen toegang tot die rivier)
Vlak ORANJE: beveilig eiendom en verwyder waardevolle items en diere in geïdentifiseerde gebiede (verhoogde paraatheid)
Vlak ROOI: alle persone in geïdentifiseerde gebiede ontruim teen ʼn aangekondigde tyd
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…