125/2025

INLIGTING OOR OAB SE 2025 ALGEMENE JAARVERGADERING

Uitgereik op: 4 July 2025
Maatskappysekretaris

0

INLIGTING OOR OAB SE 2025 ALGEMENE JAARVERGADERING

125/2025

4 Julie 2025

Geagte Aandeelhouers,

INLIGTING OOR OAB SE 2025 ALGEMENE JAARVERGADERING

Opsomming : Vind asseblief hierby meer inligting oor die 34ste Algemene Jaarvergadering van aandeelhouers van Orania Aandeleblok (RF) (Eiendoms) Beperk, wat DV op Vrydag, 12 September 2025 gehou gaan word, insluitend skakels na nominasievorms.

Orania Aandeleblok (RF) (Eiendoms) Beperk (OAB) se 34ste Algemene Jaarvergadering van aandeelhouers (AJV) vind hierdie jaar, DV, voorlopig op 12 September 2025 plaas.

Die AJV is die vergadering waartydens onder andere verskeie statutêre aangeleenthede kragtens die Maatskappywet, 71 van 2008, oorweging geniet. Dit sluit onder andere aangeleenthede soos kennisname van die geouditeerde finansiële state, verkiesing van direkteure, en die aanwysing van OAB se eksterne ouditeure in. Besonderhede van die vergadering is soos volg:
Datum: Vrydag, 12 September 2025
Tyd: 16:00
Plek: Orania Gemeenskapsaal

INLIGTING OOR DIREKTEURE EN NOMINASIES

Mnr FD Joubert wat as direkteur van OAB deur Orania Bestuursdienste (Eiendoms) Beperk aangestel is, tree ooreenkomstig die rotasiebeleid tydens die AJV uit. Mnr Joubert het homself nie herkiesbaar gestel nie. OBD sal die geleentheid gegun word om ’n direkteur in die plek van mnr Joubert tydens die AJV aan te stel.

Mnr FJD de Klerk sal in sy hoedanigheid as direkteur van OAB tydens die AJV ooreenkomstig die rotasiebeleid uittree. Mnr De Klerk het homself herkiesbaar gestel.

Mnr JA Venter, wat as direkteur in die plek van mnr JJ van Staden, wat gedurende 2023 as direkteur bedank het, gekoöpteer is, se termyn verstryk ook tydens die AJV. Mnr Venter het homself herkiesbaar gestel.

NOMINASIESVORMS EN SKAKELS

Nominasievorms vir die verkiesing van direkteure is by die Dorpskantoor beskikbaar, of u kan op die onderstaande skakel klik om ’n elektroniese weergawe af te laai. Nominasies moet nie later nie, as Woensdag, 23 Julie 2025 om 15:30 by die Orania Poskantoor ingedien word, of elektronies gestuur word na oraniastem@gmail.com.
➤ Nominasievorm vir DIREKTEURE: $ https://myorania.co.za/wp-content/uploads/AJV-2025-nominasievorm_direkteure-1.docx $

Lede van die dissiplinêre, bemiddelings- en arbitrasiepaneel word ook tydens die AJV verkies. Nominasievorms vir die verkiesing van paneellede is by die Dorpskantoor beskikbaar of u kan op die onderstaande skakel klik om ’n elektroniese weergawe af te laai. Vorms moet nie later nie as Woensdag, 23 Julie 2025 om 15:30 by die Orania Poskantoor ingedien word of elektronies gestuur word na oraniastem@gmail.com. Tans is daar vier vakatures op die nominasievorm waarvoor gestem moet word.
➤ Nominasievorm vir LEDE VAN DIE ORANIA REGSPANEEL: $ https://myorania.co.za/wp-content/uploads/AJV-2025-nominasievorm_regspaneel.docx $

SAKELYSVOORSTELLE

Aandeelhouers wat graag aangeleenthede op die AJV se sakelys wil plaas kan dit te eniger tyd deur die loop van die jaar indien. Let egter daarop dat slegs beleidsaangeleenthede tydens die AJV oorweging sal geniet en nie aangeleenthede wat met bedryfsaspekte verband hou nie.

Aandeelhouers wat graag ʼn aangeleentheid op die sakelys vir die AJV van 2025 wil plaas moet ʼn skriftelike motivering daarvoor voor of op Vrydag, 1 Augustus 2025 om 16:00 by die Dorpskantoor inhandig, of kan dit per e-pos aan myself by jacques@myorania.co.za stuur.

Vriendelike groete,

Jacques van Wyk
Maatskappysekretaris

U kan, soos altyd, die Dorpsraad oor enige onderwerp kontak deur die volgende skakel te volg : $ https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u die Anonieme Forum op die myorania.co.za webwerf gebruik, deur die volgende skakel te volg – $ https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/

Korporatief

Dokumente Korporatief Filter

Finansies

Dokumente Finansies Filter

Grongebruik

Dokumente Grondgebruik Filter

Dorpsreëls

Dorpsreëls

Kennisgewings

Opkomende inskrywings…

208/2025
(Uitgereik op: 6 November, 2025)
Ingenieursdiente
207/2025
(Uitgereik op: 6 November, 2025)
Beplanning en Grondgebruik
206/2025
(Uitgereik op: 3 November, 2025)
Algemeen
205/2025
(Uitgereik op: 31 October, 2025)
Maatskappysekretaris

Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…

Orania Kaart

Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…

Algemene Skakels

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Beweging

OVD Watervleuel

Regspleging

Orania Ontwikkelingsmaatskappy

OSK

OSK Koöperatiewe Bank

Orania Sakekaner

Radio Orania

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Nuusbriewe

Opkomende inskrywings…

01/2024
(Uitgereik op: 2 May, 2024)

2

Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…

Noodnommers

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Hospitaal

Huis Dokter

Orania Ambulaans

Elektrisien

Loodgieter

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Kalender

Opkomende inskrywings…

8
Nov
Saturday 8 November, 2025
8:30 am
10
Dec
12
Dec
16
Dec
Tuesday 16 December, 2025
- 6 April, 2025
Algemeen
26
Dec
Friday 26 December, 2025

Vir meer kalender inskrywings, gaan na…