203/2025
28 Oktober 2025
Geagte Oraniërs,
KRAGONDERBREKING EERSKOMENDE SONDAG
In ’n poging om die kleinste moontlike impak op inwoners se besige lewens te hê, het die Dorpsraad besluit om groot opkomende werk aan die elektrisiteitsinfrastruktuur op ’n Sondag te doen, wanneer elektrisiteit oor die algemeen minder belangrik is vir Oraniërs.
Die werk sal basies ’n hele werksdag in beslag neem (tussen 07:00 en 16:00 eerskomende Sondag) en behels die koppeling van ’n nuwe transformator in Ysterklipstraat, asook die herleiding van ’n bestaande kraglyn vanuit ’n aandeelblok.
Aandeelblokke wat grens aan die Rooipad, Oewerarea, Stokkiesdraai, Kantien en gedeeltes van Orania-Wes, se elektriese toevoer sal ook vir ’n kort periode (30 tot 60 minute) aan die begin en einde van bogenoemde werksaamhede onderbreek moet word vir die veilige ontkoppeling en beveiliging van toevoerlyne.
Areas wat heeldag geraak gaan word, is die N-blokke, soos in groen, bruin en blou aangedui op die kaart hieronder.

Die area in Orania-Wes wat heeldag geraak sal word, is die gedeelte in pers aangedui op hierdie volgende kaart.

Vriendelike groete,
Andre van Heerden
Hoof – Ingenieursdienste
Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: 🔗 https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ‘n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: 🔗 https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…