Geagte Aandeelhouers en Inwoners,
KRAGONDERBREKING OP MAANDAG, 10 MAART 2025
Opsomming : ‘n Kragonderbreking word beplan vir Maandag 10 Maart 2025, vanaf 07:00 tot 13:00, in redelike groot gedeeltes van Orania Oos.
Die volgende aandeleblokke gaan deur hierdie kragonderbreking geraak word:
• Alle aandeleblokke in die A blok wat aan Agaatstraat grens en Oos daarvan geleë is.
• Alle aandeleblokke in die B blok.
• Diamantlaan H22, H27 en H29.
• Oewerarea : H41 tot H51, alle aandeleblokke wat grens aan Visarendtraat, asook Boskamp.
Hierdie kragonderbreking is noodsaaklik sodat die tegniese personeel veilig kan werk aan die nuwe 22 kV-hoogspanningskraglyn, wat parallel met die ou 3.3 kV-kraglyn geïnstalleer word.
U kan, soos altyd, die Dorpsraad oor enige onderwerp kontak deur die volgende skakel te volg : $ https://myorania.co.za/kontak-ons/$
Indien u dit anoniem wil doen, kan u die Anonieme Forum op die myorania.co.za webwerf gebruik, deur die volgende skakel te volg – $ https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/$
Vriendelike groete,
Andre van Heerden
Hoof : Ingenieursdienste
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…