184/2025

MALARIA IN ORANIA-OMGEWING

Uitgereik op: 2 October 2025
Orania Veiligheidsdienste

0

MALARIA IN ORANIA-OMGEWING

184/2025

2 Oktober 2025

Geagte Oraniƫrs,

MALARIA IN ORANIA-OMGEWING

Opsomming : Daar het onlangs bevestigde gevalle van malaria in die Orania-omgewing voorgekom, so as mense sulke simptome ervaar, moet dit ernstig hanteer word.

Hoewel Orania nie ’n gebied is waar malaria natuurlik voorkom nie, is daar onlangs wel gevalle in byvoorbeeld Luckhoff aangemeld. Dit is waarskynlik dat besmette muskiete in bv vragmotors saamgereis en daarna plaaslike inwoners gebyt en geĆÆnfekteer het. Malaria kan in sommige gevalle lewensgevaarlik wees en hierdie situasie moet dus met die nodige sorg hanteer word.

Dit is belangrik dat persone wat malaria-simptome ervaar, dit ernstig opneem en so gou moontlik met ’n geneesheer of ander kundige mediese praktisyn daaroor raadpleeg. Van die algemeenste eerste simptome van malaria is baie soortgelyk aan diĆ© van verkoue of griep en sluit die volgende in:
* Koors (wat in golwe kan kom en gaan)
* Koue rillings en sweet
* Hoofpyn
* Spier- en gewrigspyn
* Moegheid en swakheid
* Naarheid en braking of diarree

Ons moedig dus alle inwoners aan om die moontlikheid van malaria in gedagte te hou wanneer iemand siek word, selfs al lyk die simptome aanvanklik nie ernstig nie.

Vriendelike groete,

Ettiene de Lange
Hoof – OVD

Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: šŸ”— https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ā€˜n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: šŸ”— https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/

Noodnommers

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Hospitaal

Huis Dokter

Orania Ambulaans

Elektrisien

Loodgieter

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Kennisgewings

Opkomende inskrywings…

129/2026
(Uitgereik op: 18 September, 2026)
Algemeen
128/2026
(Uitgereik op: 18 September, 2026)
Outomatisering en Digitalisering
127/2026
(Uitgereik op: 16 September, 2026)
Uitvoerende Hoof
126/2026
(Uitgereik op: 15 September, 2026)
Gemeenskapsdienste

Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…

Nuusbriewe

Opkomende inskrywings…

01/2024
(Uitgereik op: 2 May, 2024)

2

Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…

Kalender

Opkomende inskrywings…

1
Oct
Thursday 1 October, 2026
- 3 October, 2026
8:00 am
1
Oct
Thursday 1 October, 2026
- 3 October, 2026
Gemeenskapsdienste
10
Oct

Vir meer kalender inskrywings, gaan na…

Orania Kaart

Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…

Algemene Skakels

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Beweging

OVD Watervleuel

Regspleging

Orania Ontwikkelingsmaatskappy

OSK

OSK Koƶperatiewe Bank

Orania Sakekaner

Radio Orania

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Korporatief

Dokumente Korporatief Filter

Finansies

Dokumente Finansies Filter

Grongebruik

Dokumente Grondgebruik Filter

Dorpsreƫls

Dorpsreƫls