012/2026
5 Februarie 2026
Geagte Oraniërs,
MUNISIPALE VERGELYKING TUSSEN ORANIA EN OUDTSHOORN
Opsomming : ‘n Vergelyking tussen Orania en Oudtshoorn, as moontlike bestemmings vir Afrikaners, wys dat Orania vele voordele bied (en ook heelwat goedkoper is).
Met Orania se jaarlikse verhoging in munisipale tariewe wat onlangs in werking getree het, is dit sinvol om weer ons dorp se mededingendheid as potensiële tuiste vir Afrikaners met ander moontlike bestemmings te vergelyk.
Ons het Orania se kostes vergelyk met die van Oudtshoorn, wat in sekere opsigte soortgelyk aan Orania is en dus ’n potensiële alternatief vir Afrikaners kan wees wat weg wil trek uit die groot stede uit. Hieronder is ’n opsomming van party van die ooreenkomste en verskille tussen Orania en Oudtshoorn, om as agtergrond vir hierdie vergelyking te dien.
‘n Praktiese en sosiale vergelyking tussen Orania en Oudtshoorn is opgesom in die aangehegde tabel.

Finansiële vergelyking
Hierdie vergelyking tussen kostes is vir ’n gemiddelde erf van 665,65 m², met ’n gemiddelde gebou van 178,60 m² daarop, en met ‘n waarde van R1.35 miljoen. Van die hoogtepunte uit hierdie analise is die volgende:
1. Die vaste maandelikse kostes in Oudtshoorn is R840.99 (42.8%) duurder as in Orania. Hierdie sluit ons heffings vir o.a. veiligheid, rouwater en die battery in, wat glad nie in Oudtshoorn van toepassing is nie.
2. Vir maandelikse gebruik van 20kl gesuiwerde water en 550 eenhede elektrisiteit, is Oudtshoorn R218.08 (9.34%) goedkoper as Orania.
3. Totale maandelikse koste in Orania is dus R622.91 goedkoper (Oudtshoorn is 14.49% duurder).
4. Teen ‘n minimale vaste tarief van R45.04 per maand, kry Oraniërs toegang tot rouwater (ongesuiwerde, maar steeds baie skoon, Oranjerivier-water), terwyl inwoners van Oudtshoorn duurder gesuiwerde water op die tuin moet gebruik.
5. Oraniërs kan onbeperkte hoeveelhede vullis direk by die stortingsterrein stort, terwyl inwoners van Oundtshoorn R328,28 per vrag vir ‘n bakkie en sleepwa moet betaal, met ‘n eskalerende koste vir swaarder vragte vullis.
6. Oudtshoorn ontvang jaarliks ongeveer R470 miljoen in bydraes van die staat, wat omtrent 45% van hulle begroting uitmaak, met die idee dat dit hulle dienslewering goedkoper en beter moet maak. Orania ontvang tans nog ongeveer 12% van ons begroting uit eksterne Afrikaner bronne, maar daardie ooreenkoms word geleidelik uitgefaseer en sal teen 2032 staak.
Die besonderhede van die volledige finansiële vergelyking is aangeheg (skermgreep uit ‘n Excell werkblad uit).

Ons is dankbaar om te sien dat analises soos hierdie aantoon dat Orania Dorpsraad uitstekend vaar vergeleke met ander soortgelyke dorpe. Volgehoue verbetering, nie net in munisipale dienslewering nie, maar ook in die lewenskwaliteit van alle Oraniërs, word deurgaans nagestreef.
As Dorpsraad is ons, soos altyd, enige tyd beskikbaar om met inwoners te gesels oor voorstelle en idees om ons dienslewering nog te verbeter, so kontak ons gerus.
Vriendelike Groete,
Gawie Snyman
Dorpsraad : Uitvoerende Hoof
Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: 🔗 https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ‘n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: 🔗 https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/
Die bogenoemde vloedrisikovlakke word as aanduiders van gevaar gebruik:
Vlak GROEN: normale riviervlakke
Vlak GEEL: dreigende gevaar, wees paraat (geen toegang tot die rivier)
Vlak ORANJE: beveilig eiendom en verwyder waardevolle items en diere in geïdentifiseerde gebiede (verhoogde paraatheid)
Vlak ROOI: alle persone in geïdentifiseerde gebiede ontruim teen ʼn aangekondigde tyd
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…