Inwoners word vriendelik daarop gewys dat daar vandag vanaf 11:30 tot 12:30 ’n kragonderbreking sal wees in die hele Orania-Wes, asook in aandeelblokke wat grens aan Ysterkliplaan (Orion, BKO, ens.), Duiker-, Wilco- en Nywerheidskorwe (Bo-Karoo Handel, ens.) weens onvoorsiene herstelwerk wat dringend uitgevoer moet word.
Ons vra om verskoning vir enige ongerief en bedank u vir u geduld.
Vriendelike groete,
Andre van Heerden
Hoof – Ingenieursdienste
Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: 🔗 https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ‘n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: 🔗 https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/