186/2025
3 Oktober 2025
Geagte Oraniërs,
NUWE DRANKREËLS IS BESKIKBAAR VIR PUBLIEKE DEELNAME
Opsomming : Lede van die Orania-gemeenskap word uitgenooi om tussen vandag en Vrydag 24 Oktober 2025 insette te lewer oor die OAB se voorgestelde nuwe drankreëls.
Sedert die vorige drankreëls in Orania in werking getree het, het die Noord-Kaapse drankwet verander, wat sekere aanpassings aan ons plaaslike reëls noodsaak. ’n Nuwe stel reëls is dus opgestel vir Orania, wat ook enkele ander tekortkominge in die vorige reëls aanspreek.
Hierdie konsep-reëls is ’n paar maande gelede aan die Orania Sakekamer gestuur vir hul insette. Daarna is dit deur die GGBK oorweeg en vervolgens na die OAB-direksie verwys vir goedkeuring. Die Direksie wil egter eers die reëls onderwerp aan ’n 21-dae publieke deelnameproses voordat finale goedkeuring gegee word, so alle belangstellendes word dus genooi om deur die onderstaande skakel daarna te kyk en hul insette te lewer:
https://myorania.co.za/wp-admin/upload.php?item=12816
Inwoners se insette kan gestuur word na cobus@myorania.co.za , of deur die “Kontak Ons”- en “Anonieme Forum”-skakels onderaan hierdie kennisgewing.
Vriendelike groete,
Cobus Pretorius
Hoof – Beplanning en Grondgebruik
Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: 🔗 https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ‘n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: 🔗 https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/
Die bogenoemde vloedrisikovlakke word as aanduiders van gevaar gebruik:
Vlak GROEN: normale riviervlakke
Vlak GEEL: dreigende gevaar, wees paraat (geen toegang tot die rivier)
Vlak ORANJE: beveilig eiendom en verwyder waardevolle items en diere in geïdentifiseerde gebiede (verhoogde paraatheid)
Vlak ROOI: alle persone in geïdentifiseerde gebiede ontruim teen ʼn aangekondigde tyd
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…