ONDERBREKING VAN ELEKTRIESE TOEVOER IN AGAATSTRAAT EERSKOMENDE VRYDAG
Uitgereik op: 15 April 2026
Ingenieursdiente
0
ONDERBREKING VAN ELEKTRIESE TOEVOER IN AGAATSTRAAT EERSKOMENDE VRYDAG
043/2026
15 April 2026
Geagte Oraniërs,
ONDERBREKING VAN ELEKTRIESE TOEVOER IN AGAATSTRAAT EERSKOMENDE VRYDAG
Let asseblief daarop dat die elektriese toevoer na alle aandeelblokke wat aan Agaatstraat grens, asook H17 in Orania-Oos, eerskomende Vrydag, 17 April, vanaf 07:30 tot 12:00 onderbreek sal word. Dit is nodig weens noodsaaklike netwerkopgraderings.
Ons vra om verskoning vir enige ongerief wat hierdeur veroorsaak mag word.
Vriendelike groete,
Andre van Heerden
Hoof : Ingenieursdienste
Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: 🔗 https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ‘n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: 🔗 https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/