066/2025
4 April 2025
Geagte Aandeelhouers en Inwoners,
OPDATERING OOR 22 APRIL SE PROTESOPTREDE TEEN ORANIA
Opsomming : Volgens nuutste inligting gaan die optog téén Orania, nie ín Orania plaasvind nie.
Daar heers verstaanbare onrustigheid onder sommige Oraniërs oor die vyandige EFF-optog wat vir 22 April 2025 beplan word. Hierdie onrustigheid is verder aangevuur deur verskeie gerugte dat die optog hier in Orania gaan gebeur.
Ons is egter bly om die gemeenskap in te lig dat die EFF, volgens inligting wat vanoggend verkry is, nie beplan om Orania toe te kom nie en dat die optog in Kimberley gaan plaasvind. Dit blyk dus dat daar in hierdie geval waarskynlik geen direkte gevaar vir fisiese bedreiging in Orania self bestaan nie.
Nietemin kan Oraniërs verseker wees dat paraatheid deurgaans gehandhaaf word en dat gebeurlikheidsplanne reeds in plek is om enige moontlike optrede teen ons suksesvol te hanteer. Al ons veiligheidstrukture is reeds op verhoogde bystandsvlakke en hierdie paraatheid sal verder verskerp word gedurende die tydperk waarin die optog in Kimberley plaasvind. Ons beskik oor uitgebreide vermoëns om gevare betyds te identifiseer en OVD, sowel as die Weerbaarheidsvereniging, is gereed om enige bedreiging die hoof te bied.
Soos in die verlede bewys is, is ons strategie om radikalisme met kalmte en selfvertroue te beantwoord baie effektief – en dit bly steeds die ingesteldheid waarmee die huidige situasie hanteer word.
Inwoners word bedank vir hul passievolle ondersteuning en bereidwilligheid om betrokke te wees by ons veiligheidstrukture in tye van nood. Almal se dissipline en samewerking sal van kardinale belang wees sou daar ooit ’n optog in Orania self plaasvind.
Weerbare persone wat nog nie deel is van Orania se vrywilligerspanne nie, kan gerus met OVD in verbinding tree by 053 207 0089 om hulself beskikbaar te stel.
Vriendelike groete,
Gawie Snyman
Namens Orania se Gesamentlike Operasionele Sentrum (GOS)
U kan, soos altyd, die Dorpsraad oor enige onderwerp kontak deur die volgende skakel te volg : $ https://myorania.co.za/kontak-ons/$
Indien u dit anoniem wil doen, kan u die Anonieme Forum op die myorania.co.za webwerf gebruik, deur die volgende skakel te volg – $ https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/$
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…