016/2025

OPDATERING OOR KRAGONDERBREKINGS

Uitgereik op: 6 February 2025
Inligting en Skakeling

0

OPDATERING OOR KRAGONDERBREKINGS

Geagte Aandeelhouers en Inwoners,

OPDATERING OOR KRAGONDERBREKINGS

Opsomming : Die waarskynlike oorsaak van vandag se kragonderbrekings is vasgestel en geniet die volle aandag van Orasol, so dit behoort spoedig heeltemal opgelos te wees.

Soos die meeste inwoners bewus is, was daar vandag twee ongeskeduleerde kort onderbrekings in die elektrisiteitstoevoer na die hele Orania. Ons wil hiermee graag agtergrondinligting daaromtrent aan die gemeenskap verskaf.

Wanneer die kragtoevoer vanaf Eskom na Orania heeltemal onderbreek word, het die hele dorp natuurlik geen elektrisiteit nie (behalwe wanneer daar oorgeskakel word na die battery). Soms gebeur dit egter dat Eskom se toevoer nie heeltemal wegval nie, maar sekere fluktuasies toon, wat veroorsaak dat die stroombrekers in Orania die krag afsny as ‘n veiligheidsmaatreĆ«l. Hierdie moontlikheid is ondersoek as oorsaak vir vandag se onderbrekings, maar daar is bevind dat dit blykbaar nie hierdie keer die geval was nie.

Daar is tans sagteware-ingenieurs besig met werk aan Orasol se beheerstelsel en dit lyk asof dĆ­t die onderbrekings veroorsaak het. Hierdie beheerstelsel is nie iets wat van die spreekwoordelike rak af gekoop word nie, maar word spesifiek vir ons unieke behoeftes gekodeer, sodat dit ’n pasgemaakte oplossing is wat aan Orania se spesifieke vereistes voldoen. As deel van die ontwikkelings-proses moet daar van tyd tot tyd lewendige toetse op die stelsel gedoen word, wat soms die ongewensde uitwerking het dat die krag onverwags afgaan, soos vandag gebeur het. Dit is ongelukkig deel van die groeipyne wat ons ervaar terwyl die stelsel verder ontwikkel word. Die vooruitsig is egter dat ons, nĆ” hierdie opgraderings, oor ’n meer stabiele en beter beheerbare elektriese netwerk sal beskik.

Die toetsing van die sagteware gaan mƓreoggend na 10h00 voort, so al word dit nie verwag nie, is dit nie onmoontlik dat daar weer onverwagse kort onderbrekings kan voorkom nie.

Ons vra om verskoning vir die ongerief wat hierdeur veroorsaak word.

U is, soos altyd, welkom om in kontak met die Dorpsraad te tree oor enige onderwerp, deur van die volgende skakel gebruik te maak ($Ā https://myorania.co.za/kontak-ons/$Ā , of om van die Anonieme Forum op ons webwerf gebruik te maak, met hierdie skakel – $Ā https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/

Vriendelike groete,

Burger Lambrechts

Orania Dorpsraad Kommunikasiebeampte

Noodnommers

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Hospitaal

Huis Dokter

Orania Ambulaans

Elektrisien

Loodgieter

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Kennisgewings

Opkomende inskrywings…

106/2026
(Uitgereik op: 24 August, 2026)
Korporatiewe Dienste
105/2026
(Uitgereik op: 24 August, 2026)
Uitvoerende Hoof
104/2026
(Uitgereik op: 24 August, 2026)
Inligting en Skakeling
103/2026
(Uitgereik op: 20 August, 2026)
Inligting en Skakeling

Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…

Nuusbriewe

Opkomende inskrywings…

01/2024
(Uitgereik op: 2 May, 2024)

2

Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…

Kalender

Opkomende inskrywings…

28
Aug
Friday 28 August, 2026
- 29 August, 2026
5:00 pm
5
Sep
Saturday 5 September, 2026
- 5 September, 2026
10:00 am
18
Sep
Friday 18 September, 2026
- 18 September, 2026
3:00 pm
1
Oct
Thursday 1 October, 2026
- 3 October, 2026
Gemeenskapsdienste
1
Oct
Thursday 1 October, 2026
- 3 October, 2026
8:00 am

Vir meer kalender inskrywings, gaan na…

Orania Kaart

Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…

Algemene Skakels

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Beweging

OVD Watervleuel

Regspleging

Orania Ontwikkelingsmaatskappy

OSK

OSK Koƶperatiewe Bank

Orania Sakekaner

Radio Orania

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Korporatief

Dokumente Korporatief Filter

Finansies

Dokumente Finansies Filter

Grongebruik

Dokumente Grondgebruik Filter

Dorpsreƫls

Dorpsreƫls