Soos in kennisgewings 148/2024 en 152/2024 gekommunikeer is, sou die PUDO-lokette teen einde November verwyder word, omdat PUDO-bestuur nie kon verander aan die feit dat nie-Afrikaner arbeid vir die instandhouding daarvan gebruik word nie. Die Arbeidspaneel het sterk gevoel dat een van Orania se belangrikste grondbeginsels, eie arbeid, nie onderhandelbaar is nie en het daarom bevind dat alternatiewe koerieropsies gebruik moet word. Indien daar ’n effense verhoging in kostes sou wees, sou dit ’n meer as regverdigbare opoffering wees ter wille van ons vryheidsideaal.