155/2024

OPDATERING OOR PUDO LOKETTE

Uitgereik op: 18 October 2024
Algemeen

0

OPDATERING OOR PUDO LOKETTE

Geagte Aandeelhouers en Inwoners,

OPDATERING OOR PUDO LOKETTE

Opsomming : Courier Guy, wat PUDO besit, het ingestem om slegs van Afrikaner arbeid gebruik te maak om die PUDO-lokette op Orania in stand te hou, dus sal dit nie meer verwyder word nie.

Soos in kennisgewings 148/2024 en 152/2024 gekommunikeer is, sou die PUDO-lokette teen einde November verwyder word, omdat PUDO-bestuur nie kon verander aan die feit dat nie-Afrikaner arbeid vir die instandhouding daarvan gebruik word nie. Die Arbeidspaneel het sterk gevoel dat een van Orania se belangrikste grondbeginsels, eie arbeid, nie onderhandelbaar is nie en het daarom bevind dat alternatiewe koerieropsies gebruik moet word. Indien daar ’n effense verhoging in kostes sou wees, sou dit ’n meer as regverdigbare opoffering wees ter wille van ons vryheidsideaal.

Die hoof van PUDO het egter vanoggend met ’n nuwe plan vorendag gekom en kan nou waarborg dat slegs Afrikaner arbeid gebruik sal word totdat hulle alternatiewe “CDP”-stelsel, wat die PUDO-lokette gaan vervang, maar wat geen nie-Afrikaner arbeid sal vereis nie, ongeveer in Maart 2025 beskikbaar sal wees. Courier Guy se vriendelike gesindheid in die hantering van hierdie aangeleentheid word hoog op prys gestel en die hoop word uitgespreek dat die goeie besigheidsverhouding tussen hulle en Orania nog lank sal voortduur.

Die Arbeidspaneel is baie gelukkig oor die feit dat die besluit om vas te staan op ons grondbeginsels uiteindelik steeds só uitgewerk het dat Oraniërs wat van PUDO gebruik maak, onveranderd daarmee kan voortgaan.

Ons vertrou dat die bogenoemde in orde is. Enige verdere kommentaar kan gelewer word deur die volgende skakel: https://myorania.co.za/kontak-ons/.

Vriendelik, die uwe

Elred Ferreira

Voorsitter: Arbeidspaneel

Korporatief

Dokumente Korporatief Filter

Finansies

Dokumente Finansies Filter

Grongebruik

Dokumente Grondgebruik Filter

Dorpsreëls

Dorpsreëls

Kennisgewings

Opkomende inskrywings…

023/2026
(Uitgereik op: 6 March, 2026)
Beplanning en Grondgebruik
022/2026
(Uitgereik op: 5 March, 2026)
Beplanning en Grondgebruik
021/2026
(Uitgereik op: 23 February, 2026)
Uitvoerende Hoof
020/2026
(Uitgereik op: 20 February, 2026)
Outomatisering en Digitalisering

Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…

Orania Kaart

Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…

Algemene Skakels

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Beweging

OVD Watervleuel

Regspleging

Orania Ontwikkelingsmaatskappy

OSK

OSK Koöperatiewe Bank

Orania Sakekaner

Radio Orania

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Nuusbriewe

Opkomende inskrywings…

01/2024
(Uitgereik op: 2 May, 2024)

2

Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…

Noodnommers

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Hospitaal

Huis Dokter

Orania Ambulaans

Elektrisien

Loodgieter

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Kalender

Opkomende inskrywings…

27
Mar
Friday 27 March, 2026
- 29 March, 2026
17
Apr
Friday 17 April, 2026
- 18 April, 2026
12:00 am
15
May
Friday 15 May, 2026
- 16 May, 2026
Algemeen
12
Jun
Friday 12 June, 2026
- 13 June, 2026
5:00 pm
25
Jun
Thursday 25 June, 2026
- 27 June, 2026
8:00 am

Vir meer kalender inskrywings, gaan na…