Geagte Aandeelhouers en Inwoners,
OPDATERING OOR VULLISVERWYDERING EN HERWINNING
Opsomming : Neem asb kennis daarvan dat die agterstand in plastiekherwinning op datum gebring is (met beduidende inkomste vir Orania) en van praktiese reëlings vir die toekoms.
Die Dorpsraad is trots om aan te kondig dat al die herwinbare plastiek, wat vir lank opgehoop het, nou gebaal en verkoop is, wat beteken ons kan voortaan die weeklikse toevoer van nuwe herwinbare plastiek onmiddellik verwerk en verkoop.
Die lewering van herwinbare plastiek vanaf begin 2023 tot op hede was as volg: (1) Daar is 677 kg proppies gelewer teen R3,50 per kg, wat ‘n totale inkomste van R2 369,50 gegenereer het. (2) Daar is ook 25.875 ton kategorie 1 en 2 plastiek gelewer teen ‘n gemiddelde prys van R3,04 per kg, wat ‘n totale inkomste van R78 672,50 ingebring het!
Ons bedank elke inwoner wat getrou sorteer en sodoende die verwerking van herwinbare materiaal vergemaklik. Afgesien van die finansiële voordele, maak elkeen ’n groot bydrae om ons vullisvoetspoor so klein as moontlik te hou.
Hier volg die basiese riglyne vir die herwinning van plastiek:
Ons herwin tans slegs plastiek gemerk met nommers 1 en 2. Die plastiek word met die hand gesorteer en enige ander plastiek vertraag hierdie proses. Die kentekens vir plastiek 1 en 2 is soos hieronder aangedui:
Botter- en jogurthouers is ongelukkig nie plastiek nommer 1 of 2 nie.
Die proppies van houers is ook herwinbaar, maar moet apart gelewer word. Indien u die proppies vooraf kan verwyder en in ‘n aparte sakkie of plastiekhouer kan plaas, sal dit ons baie tyd spaar.
Herwinbare materiaal is makliker hanteerbaar as dit nie in swart plastieksakke geplaas word nie, maar eerder in houers wat ons direk op die trok kan leegmaak.
Maak asseblief seker dat alle herwinbare vullishouers leeg is. Vullis wat vuil of verrot is, bemoeilik nie net die verwerking nie, maar is ook onaangenaam om mee te werk. Dink asseblief altyd aan ons gemeenskapslede wat die herwinning hanteer en plaas vullis uit soos u sou wou hê dit moet wees as u self daarmee moes werk.
Dankie vir u toewyding aan die sortering van u vullis. Dit maak werklik ’n verskil.
U is, soos altyd, welkom om kommentaar aan die Dorpsraad te lewer oor enige onderwerp, deur die volgende skakel te gebruik: https://myorania.co.za/kontak-ons/.
Vriendelike groete,
Andre van Heerden
Hoof : Ingenieursdienste
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…