OPENBARE GESPREKSGELEENTHEID MET OAB DIREKSIE OP 22 OKTOBER 2025 (WYK “OEWER EN HOEWES”)
Uitgereik op: 21 October 2025
Uitvoerende Hoof
0
OPENBARE GESPREKSGELEENTHEID MET OAB DIREKSIE OP 22 OKTOBER 2025 (WYK “OEWER EN HOEWES”)
193/2025
21 Oktober 2025
Geagte Oraniërs,
OPENBARE GESPREKSGELEENTHEID MET OAB DIREKSIE OP 22 OKTOBER 2025 (WYK “OEWER EN HOEWES”)
Opsomming : Daar sal eerskomende Woensdag, 22 Oktober, om 17:15 ‘n openbare gespreksgeleentheid met die OAB direksie wees in Die Bloustoor.
Die Orania Dorpsraad skep gereeld geleenthede vir die onderskeie wyke van die dorp om persoonlik met die direksie van die Orania Aandeleblok (OAB) te skakel en die volgende sulke geleentheid vind op 22 Oktober 2025 plaas.
Dié gesprekke dien as ‘n geleentheid vir die direksie om die gemeenskap se behoeftes aan te hoor en beter te verstaan. Daar word graag persoonlik met inwoners ontmoet sodat daar direkte kommunikasie tussen die direksie en mede-Oraniërs is en insette uit die gemeenskap is altyd baie welkom.
Alhoewel alle Oraniërs welkom is, nooi die direksie in die besonder hierdie keer inwoners van die Oewer-area en Hoewes uit na die gespreksgeleentheid tussen 17:15 en so 19:00 in Die Bloustoor (parkeer op die sportgronde en loop oor die bruggie aan die regterkant om by die Bloustoor te kom).
Ons ontvang u graag daar.
Vriendelik, die uwe
Gawie Snyman
Dorpsbestuurder
Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: 🔗 https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ‘n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: 🔗 https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/