130/2025
10 Julie 2025
Geagte Oraniërs,
OPENBARE GESPREKSGELEENTHEID MET OAB DIREKSIE (WYK “GROOTDORP”)
Opsomming : Daar sal eerskomende Maandag, 14 Julie, om 17:15 ‘n openbare gespreksgeleentheid met die OAB direksie wees in Die Bloustoor.
Die Orania Dorpsraad skep gereeld geleenthede vir die onderskeie wyke van die dorp om persoonlik met die direksie van die Orania Aandeleblok (OAB) te skakel en die volgende sulke geleentheid vind op 14 Julie 2025 plaas.
Dié gesprekke dien as ‘n geleentheid vir die direksie om die gemeenskap se behoeftes aan te hoor en beter te verstaan. Daar word graag persoonlik met inwoners ontmoet sodat daar direkte kommunikasie tussen die direksie en mede-Oraniërs is en insette uit die gemeenskap is altyd baie welkom.
Alhoewel alle Oraniërs welkom is, nooi die direksie in die besonder hierdie keer inwoners van die Grootdorp/Oudorp uit na die gespreksgeleentheid tussen 17:15 en so 19:00 in Die Bloustoor (draai vanuit Diamantlaan-Oos aan die oewer se kant van die Sportgronde).
Ons ontvang u graag daar.
Vriendelik, die uwe
Gawie Snyman
Dorpsbestuurder
Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: 🔗 https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ‘n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: 🔗 https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/
Die bogenoemde vloedrisikovlakke word as aanduiders van gevaar gebruik:
Vlak GROEN: normale riviervlakke
Vlak GEEL: dreigende gevaar, wees paraat (geen toegang tot die rivier)
Vlak ORANJE: beveilig eiendom en verwyder waardevolle items en diere in geïdentifiseerde gebiede (verhoogde paraatheid)
Vlak ROOI: alle persone in geïdentifiseerde gebiede ontruim teen ʼn aangekondigde tyd
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…