OPENBARE VOORLEGGING OP 31 OKTOBER OOR VEILIGHEIDSRAAMWERK
Uitgereik op: 29 October 2024
Orania Veiligheidsdienste
0
OPENBARE VOORLEGGING OP 31 OKTOBER OOR VEILIGHEIDSRAAMWERK
Geagte Aandeelhouers en Inwoners,
OPENBARE VOORLEGGING OP 31 OKTOBER OOR VEILIGHEIDSRAAMWERK
Opsomming : Daar sal op 31 Oktober, van 18:00 tot 19:30, in die BKO Auditorium, ’n voorlegging gemaak word oor die veiligheidsraamwerk waarbinne die dorp Orania val.
Orania Veiligheidsdienste (OVD) het onlangs weer ’n volledige veiligheidswaardering van die dorp en omgewing se veiligheid gemaak. Daarop gebaseer is ’n opgedateerde veiligheidsplan opgestel.
Ettiene de Lange, hoof van OVD, sal ’n voorlegging oor hierdie veiligheidswaardering maak, op 31 Oktober, tussen 18:00 en 19:30 in die BKO-auditorium.
Enige belangstellendes is welkom om dit gratis by te woon.