Geagte Aandeelhouers en Inwoners,
ORANIA AANDELEBLOK (OAB) SE 2025 BEGROTING WORD BEKEND GEMAAK
Opsomming : Die Orania Dorpsraad (OAB), insluitend Orania Infrastruktuur (Edms.) Bpk., Orania Veiligheidsdienste (Edms.) Bpk. en Orasol (Edms.) Bpk.se begroting vir 2025 word eerskomende Maandagaand om 17h30 publiek bespreek in die Chris Jooste Ouditorium.
Orania Aandeleblok (RF) (Edms.) Bpk. kon in 2024 ‘n reële groei van 6.26% toon, terwyl dit 6% in 2023 was. Vergelyk ons dit met die reële groei van 2021 (10.45%) en 2022 (8.07%), kan ons sien hoe die wêreldwye finansiële uitdagings ook druk op Orania se ekonomie plaas.
Alhoewel besighede met 2023 se sensus steeds optimistiese ekonomiese verwagtings vir 2024 gehuldig het (96.7% van besighede het beplan om hulle werkerskorps dieselfde te hou of uit te brei), gaan hierdie sentiment heel moontlik anders in die 2024 sensus reflekteer.
Om hierdie stelling te substansieer hoef ons bloot na bouplan aansoeke en aandeelblok oordragte te kyk. In 2023 was daar tot en met November 168 bouplanne (97 vir woonhuise) ingedien, maar in 2024 was daar net 97 aansoeke (37 vir woonhuise) gedurende dieselfde tydperk ingedien. Wat oordragte aanbetref was daar in 2023 187 aandeelblokke oorgedra, terwyl 115 oordragte gedurende dieselfde tydperk in 2024 gedoen is.
Hierdie veranderende ekonomiese klimaat is iets wat in die 2025 begroting verreken en ingewerk is, deur voorsiening vir slegs 3% reële groei te maak. Aan die een kant moet die OAB-groep die belt styf trek wat spandering aanbetref, maar aan die ander kant moet die voorwaardes vir volhoubare vestiging in Orania verstewig en uitgebou word. 2025 se begroting kan daarom as ‘n finansieel versigtige dog hoopvolle begroting beskryf word.
Die Oudit- en Risikokomitee van die Dorpsraad het die konsepbegrotings vir 2025 van Orania Aandeleblok (RF) (Edms.) Bpk., Orania Infrastruktuur (Edms.) Bpk., Orania Veiligheidsdienste (Edms.) Bpk. en Orasol (Edms.) Bpk. op 2 Desember 2024 nagegaan en op 6 en 7 Desember 2024 onderskeidelik aanbevelings aan die direksies gemaak, waarna die direksies die begrotings goedgekeur het. Die goedgekeurde begroting tree dus in werking op 1 Januarie 2025.
U word hartlik uitgenooi na ʼn openbare vergadering waartydens die finale begroting vir 2025 bekendgestel en bespreek sal word. Hiermee ook ‘n skakel na die opsommende begroting vir 2025 wat tydens die geleentheid verder bespreek sal word.
Datum : Maandag, 9 Desember 2024
Tyd : 17h30
Plek : Chris Jooste Ouditorium, Vryheidsentrum
U is, soos altyd, welkom om in kontak met die dorpsraad te tree oor enige onderwerp, deur van die volgende skakel gebruik te maak:
Vriendelike groete,
Janneman Roux
Hoof : Korporatiewe Dienste
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…