188/2024

ORANIA AANDELEBLOK (OAB) SE 2025 BEGROTING WORD BEKEND GEMAAK

Uitgereik op: 6 December 2024
Korporatiewe Dienste

0

ORANIA AANDELEBLOK (OAB) SE 2025 BEGROTING WORD BEKEND GEMAAK

Geagte Aandeelhouers en Inwoners,

ORANIA AANDELEBLOK (OAB) SE 2025 BEGROTING WORD BEKEND GEMAAK

Opsomming : Die Orania Dorpsraad (OAB), insluitend Orania Infrastruktuur (Edms.) Bpk., Orania Veiligheidsdienste (Edms.) Bpk. en Orasol (Edms.) Bpk.se begroting vir 2025 word eerskomende Maandagaand om 17h30 publiek bespreek in die Chris Jooste Ouditorium.

Orania Aandeleblok (RF) (Edms.) Bpk. kon in 2024 ‘n reële groei van 6.26% toon, terwyl dit 6% in 2023 was. Vergelyk ons dit met die reële groei van 2021 (10.45%) en 2022 (8.07%), kan ons sien hoe die wêreldwye finansiële uitdagings ook druk op Orania se ekonomie plaas.

Alhoewel besighede met 2023 se sensus steeds optimistiese ekonomiese verwagtings vir 2024 gehuldig het (96.7% van besighede het beplan om hulle werkerskorps dieselfde te hou of uit te brei), gaan hierdie sentiment heel moontlik anders in die 2024 sensus reflekteer.

Om hierdie stelling te substansieer hoef ons bloot na bouplan aansoeke en aandeelblok oordragte te kyk. In 2023 was daar tot en met November 168 bouplanne (97 vir woonhuise) ingedien, maar in 2024 was daar net 97 aansoeke (37 vir woonhuise) gedurende dieselfde tydperk ingedien. Wat oordragte aanbetref was daar in 2023 187 aandeelblokke oorgedra, terwyl 115 oordragte gedurende dieselfde tydperk in 2024 gedoen is.

Hierdie veranderende ekonomiese klimaat is iets wat in die 2025 begroting verreken en ingewerk is, deur voorsiening vir slegs 3% reële groei te maak. Aan die een kant moet die OAB-groep die belt styf trek wat spandering aanbetref, maar aan die ander kant moet die voorwaardes vir volhoubare vestiging in Orania verstewig en uitgebou word. 2025 se begroting kan daarom as ‘n finansieel versigtige dog hoopvolle begroting beskryf word.

Die Oudit- en Risikokomitee van die Dorpsraad het die konsepbegrotings vir 2025 van Orania Aandeleblok (RF) (Edms.) Bpk., Orania Infrastruktuur (Edms.) Bpk., Orania Veiligheidsdienste (Edms.) Bpk. en Orasol (Edms.) Bpk. op 2 Desember 2024 nagegaan en op 6 en 7 Desember 2024 onderskeidelik aanbevelings aan die direksies gemaak, waarna die direksies die begrotings goedgekeur het. Die goedgekeurde begroting tree dus in werking op 1 Januarie 2025.

U word hartlik uitgenooi na ʼn openbare vergadering waartydens die finale begroting vir 2025 bekendgestel en bespreek sal word. Hiermee ook ‘n skakel na die opsommende begroting vir 2025 wat tydens die geleentheid verder bespreek sal word.

Datum : Maandag, 9 Desember 2024

Tyd : 17h30

Plek : Chris Jooste Ouditorium, Vryheidsentrum

U is, soos altyd, welkom om in kontak met die dorpsraad te tree oor enige onderwerp, deur van die volgende skakel gebruik te maak:

Vriendelike groete,

Janneman Roux

Hoof : Korporatiewe Dienste

Filters:

Kalendar Agemene gebeure Checkbox Filter
Kalendar Tersiêre Instellings Checkbox Filter
Kalendar Feeste Checkbox Filter
Kalendar Gemeenskapsprojekte Checkbox Filter
Kalendar Karnaval Checkbox Filter
Kalendar Kerke Checkbox Filter
Kalendar Kultuur Checkbox Filter
Kalendar Musiek Checkbox Filter
Kalendar Orania Vakansiedae Checkbox Filter
Orientering Checkbox Filter
Kalendar SA Vakansies Checkbox Filter
Kalendar Skole Checkbox Filter
Kalendar Sport Checkbox Filter
Kalendar Vergaderings Checkbox Filter
Kalendar Ander Checkbox Filter

Korporatief

Dokumente Korporatief Filter

Finansies

Dokumente Finansies Filter

Grongebruik

Dokumente Grondgebruik Filter

Dorpsreëls

Dorpsreëls

Kennisgewings

Opkomende inskrywings…

042/2026
(Uitgereik op: 9 April, 2026)
Ingenieursdiente
041/2026
(Uitgereik op: 9 April, 2026)
Beplanning en Grondgebruik
040/2026
(Uitgereik op: 9 April, 2026)
Korporatiewe Dienste

Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…

Orania Kaart

Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…

Algemene Skakels

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Beweging

OVD Watervleuel

Regspleging

Orania Ontwikkelingsmaatskappy

OSK

OSK Koöperatiewe Bank

Orania Sakekaner

Radio Orania

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Nuusbriewe

Opkomende inskrywings…

01/2024
(Uitgereik op: 2 May, 2024)

2

Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…

Noodnommers

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Hospitaal

Huis Dokter

Orania Ambulaans

Elektrisien

Loodgieter

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Kalender

Opkomende inskrywings…

17
Apr
Friday 17 April, 2026
- 18 April, 2026
12:00 am
15
May
Friday 15 May, 2026
- 16 May, 2026
Algemeen
12
Jun
Friday 12 June, 2026
- 13 June, 2026
5:00 pm
25
Jun
Thursday 25 June, 2026
- 27 June, 2026
8:00 am
25
Jun
Thursday 25 June, 2026
- 27 June, 2026
8:00 am

Vir meer kalender inskrywings, gaan na…