139/2025

ORANIA REGSPLEGING KENNISGEWING 1 VAN 2 OP 30 JULIE 2025 : REGSRAAD EN REGSPANEEL RIGLYNE

Uitgereik op: 30 July 2025
Uitvoerende Hoof

0

ORANIA REGSPLEGING KENNISGEWING 1 VAN 2 OP 30 JULIE 2025 : REGSRAAD EN REGSPANEEL RIGLYNE

139/2025

30 Julie 2025

Geagte Oraniërs,

ORANIA REGSPLEGING KENNISGEWING 1 VAN 2 OP 30 JULIE 2025 : REGSRAAD EN REGSPANEEL RIGLYNE

Opsomming : Hiermee word breedvoerige riglyne gedeel ten aansien van persone wat op die Regsraad en Regspaneel kan dien. Sien ook verwante kennisgewing 140/2025 met inligting oor die Gedragskode vir lede van die Regspaneel.

ORANIA REGSRAAD: RIGLYNE TEN AANSIEN VAN PERSONE WAT OP DIE REGSRAAD EN DIE REGSPANEEL KAN DIEN

Inleiding

Die Orania Regsraad is vanuit al die grondentiteite van Orania saamgestel met die oogmerk om verdere gestalte aan die onafhanklikheid en deursigtigheid van regspleging in Orania te gee.

Gegewe die privaatregtelike sfeer waarbinne regspleging in Orania geskied, vervul die Orania Regsraad ’n unieke plek. In die eerste opsig kan die Raad in ’n mate vergelyk word met die Regterlike Dienskommissie, of Landdrostekommissie, van Suid-Afrika. Die Raad hou dus toesig oor die Regspaneel sonder om op enige wyse die onafhanklikheid daarvan aan te tas. In Suid-Afrika hou ’n polities-aangestelde minister toesig oor sy departement (justisie), maar in Orania hou beide die Regsraad (beleidmakend, regsoorsig) sowel as OAB se direksie (operasioneel, administratief, arbeidsregtelik) toesig oor die Kantoor vir Regspleging. In Suid-Afrika stel die president regters op aanbeveling van die Regterlike Dienskommissie aan, terwyl in Orania die aandeelhouers van ons grondentiteite en heeltemal onafhanklik van die kantoor die Regspaneel aanwys. Dit dui op ’n baie meer deursigtige en onafhanklike proses as wat byvoorbeeld in Suid-Afrika die geval is. Die Regsraad kan ook tot ’n beperkte mate help met die daarstel van reëls insake daardie sake wat spesifiek deur die grondentiteite aan die Regsraad gedelegeer word. Hier is ’n voorbeeld die magtiging om die regsprosedures in die Dissiplinêre Kode te wysig.

Die Kantoor vir Regspleging se taak is meestal die operasionele en administratiewe bestuur van regspleging, reëlskeppende (opstel van Dorpsreëls) take en die belangrike taak om die funksies van ’n aanklaer uit te oefen. ’n Groot deel van die kantoor se werksaamhede word met die fasilitering van mediasies opgeneem en met ’n oorgrote meerderheid daarvan wat suksesvol afgehandel word.

Die Orania Regspaneel, wat aan die hand van bemagtigde reëls en riglyne dissiplinêre verhore waarneem sowel as mediasies / arbitrasies fasiliteer, is in hul funksionering onafhanklik, ongebonde en in diens van die gemeenskap. Waar die kantoor hoofsaaklik administratief ondersteunend is en die Regsraad ’n oorsigrol vervul en soos gemagtig beleidmakend optree, is dit die Regspaneel wat regsprekend optree.

Voormelde is belangrik om by die samestelling van die Orania Regsraad en die Orania Regspaneel in gedagte te hou.

Regspleging ontwikkel deurlopend

Daar is ’n verskydenheid van funksies en werksaamhede wat Orania Regspleging moet vervul. In ’n groeiende gemeenskap wat ’n veelvoud van ontwikkelings-uitdagings beleef, is dit egter belangrik en ook verantwoordelik om sorg te dra dat die belangrike werk wat Regspleging lewer realisties gegewe ons kapasiteit geskied.

Die gegewe beperking op hulpbronne, soos dit normaal in enige gemeenskap voorkom, beteken egter nie dat prosesse en stelsels nie deurlopend verbeter en verfyn kan word nie. Orania Regspleging het dan ook spesifieke doelwitte daargestel wat nie ’n bykomende las vir die gemeenskap sal stel nie, maar wel ons werksaamhede verder uitbou.

Een van die sake waaraan die Orania Regsraad werk, is om basiese riglyne vir die aanstelling van lede van die Orania Regsraad en die Orania Regspaneel daar te stel. Dit is ’n aspek waaraan daar nog nie voorheen aandag geskenk is nie. Gegewe die oorsigrol wat die Regsraad vervul, tesame met die vereistes van integriteit wat met regspleging gepaard moet gaan, spreek dit vanself dat nie net die lede van Orania se Regspaneel aan sekere basiese vereistes moet voldoen nie, maar ook die lede van die Regsraad. Hierdie basiese vereistes sal vanweë die verskillende rolle wat die Regsraad en die Regspaneel vervul ook nie ten volle ooreenstem nie.

Die Regsraad nooi graag lede van die gemeenskap wat kommentaar op hierdie voorgestelde riglyne vir die aanstelling van persone tot onderskeidelik die Regsraad en die Regspaneel wil lewer, om sodanige kommentaar aan die Hoof: Regspleging by jan@myorania.co.za te rig. U is ook welkom, indien u enige vrae of onsekerheid het, om met Jan van Zyl by die Kantoor vir Regspleging in verbinding te tree.

Die voorgestelde riglyne vir die aanstelling van lede van die Orania Regsraad is soos volg:
1. Elke grondentiteit van Orania kan twee persone wat oor Verblyfreg beskik tot die Orania Regsraad aanwys.
2. Die verteenwoordiger van ’n grondentiteit mag ’n lid van die bepaalde grondentiteit se bestuur of direksie wees.
3. Die grondentiteite, by die aanwys van ’n persoon om op die Regsraad te dien, word aangemoedig om sodanige persoon aan te wys wat ’n bydrae tot die bevordering van regspleging in Orania kan lewer. Dit mag insluit dat die persoon oor ’n regsagtergrond beskik.
4. ’n Persoon wat voorheen, hetsy in ’n Suid-Afrikaanse hof, hetsy in Orania, aan enige oneerlikheidsmisdaad skuldig bevind is, mag nie as lid van die Regsraad dien nie en sal ook sy of haar posisie ontruim indien daar op enige stadium van sy of haar dienstermyn ’n skuldigbevinding vir enige oneerlikheidsmisdaad is.
5. ’n Persoon wie se Verblyfreg voorheen deur ’n bevoegde paneel geweier en/of opgehef is, kan nie as lid van die Regsraad dien nie.
6. ’n Persoon wat in ’n tydperk van vyf jaar voordat hy of sy as lid van die Regsraad aangestel kon word aan enige oortreding in Orania deur die Regspaneel skuldig bevind en waarvoor ’n vonnis van ’n skriftelike- of finale skriftelike waarskuwing uitgereik is, kan nie as lid van die Regsraad dien nie.
7. ’n Persoon wat ten tyde van sy of haar dienstermyn as lid van die Regsraad deur die Regspaneel aan enige oortreding skuldig bevind en waarvoor ’n vonnis van ’n mondelinge-, skriftelike- of finale skriftelike waarskuwing uitgereik is, kan nie verder as lid van die Regsraad dien nie.
8. Om aan die skeiding van rolle en ampte erkenning te gee, kan ’n lid van die Regsraad nie ook ’n lid van die Regspaneel wees nie.
9. Die Regsraad mag, in gevalle waar ’n lid daarvan hom- of haarself aan ernstige etiese wangedrag skuldig maak, met ’n meerderheidstem sodanige persoon se deelname aan die Regsraad se aktiwiteite beperk en die grondentiteit wat die betrokke lid verteenwoordig versoek om ’n ander geskikte persoon in sy of haar plek aan te wys. Die betrokke lid wat van wangedrag beskuldig word is geregtig om die Regsraad toe te spreek en sal ’n verdere proses van natuurlike geregtigheid gevolg word voordat ’n besluit geneem kan word.

Die voorgestelde riglyne vir die aanstelling van lede van die Orania Regspaneel is soos volg:
1. Die lede van die Orania Regspaneel word ingevolge ’n aandeelhouers besluit van OAB aangewys, of in die alternatief, by wyse van enige ander metode waarop die Regsraad met grondentiteite mag ooreenkom.
2. Die lede van die Regspaneel moet sovêr as moontlik onafhanklik wees en indien prakties moontlik nie as lid van enige grondentiteit se bestuur of direksie en/of die OVR dien nie. Die ideaal moet wees dat waar kapasiteit dit toelaat lede van die Regspaneel nie op ’n grondentiteit se bestuur of direksie of die OVR dien nie. Lede van die Regspaneel kan egter nie op die Regsraad ook dien nie. Deelname aan enige ander instelling van Orania is toelaatbaar met dien verstande dat sodanige deelname nie die lid van die Regspaneel se werksaamhede op die Regspaneel in gedrang bring nie.
3. ’n Persoon wat voorheen, hetsy in ’n Suid-Afrikaanse hof, hetsy in Orania, aan enige oneerlikheidsmisdaad skuldig bevind is, mag nie as lid van die Regspaneel dien nie en sal ook sy of haar posisie ontruim indien daar op enige stadium van sy of haar dienstermyn ’n skuldigbevinding vir enige oneerlikheidsmisdaad is.
4. ’n Persoon wie se Verblyfreg voorheen deur ’n bevoegde paneel geweier en/of opgehef is, kan nie as lid van die Regspaneel dien nie.
5. ’n Persoon wat in ’n tydperk van vyf jaar voordat hy of sy as lid van die Regspaneel aangestel kon word aan enige oortreding in Orania deur die Regspaneel skuldig bevind en waarvoor ’n vonnis van ’n mondelinge-, skriftelike- of finale skriftelike waarskuwing uitgereik is, kan nie as lid van die Regspaneel dien nie.
6. ’n Persoon wat in ’n tydperk van twee jaar voordat hy of sy as lid van die Regspaneel aangestel kon word in Orania ’n boete vir die oortreding van die Veiligheidsreëls of Drankreëls ontvang het, kan nie as lid van die Regspaneel dien nie.
7. ’n Persoon wat in sy dienstermyn as lid van die Regspaneel deur die Regspaneel aan enige oortreding skuldig bevind en waarvoor ’n vonnis van ’n mondelinge-, skriftelike- of finale skriftelike waarskuwing uitgereik is, kan nie verder vir die restant van sy of haar termyn as lid van die Regspaneel dien nie.
8. ’n Lid van die Regspaneel wat in ’n Suid-Afrikaanse hof aan enige misdryf waarvoor ’n vonnis van tronkstraf, hetsy opgeskort al dan nie en met of sonder die keuse van ’n boete gevonnis word, se saak sal deur die Regsraad in oorweging geneem word om ’n beslissing te fel welke sodanige persoon nog verder as lid van die Regspaneel kan dien al dan nie.
9. Die Regsraad mag, in gevalle waar dit wil blyk dat ’n lid van die Regspaneel hom- of haarself aan die ernstige oortreding van die Gedragskode vir lede van die Regspaneel skuldig gemaak het, sodanige oortreding in oorweging neem ten einde te bepaal of die betrokke lid van die Regspaneel se diens vir ’n tydperk, of in die geheel, opgeskort word. Die betrokke lid van die Regspaneel wat beskuldig word dat hy of sy die Gedragskode oortree het, is geregtig om die Regsraad toe te spreek en sal ’n verdere proses van natuurlike geregtigheid gevolg word. Indien ’n lid se diens op die Regspaneel opgeskort word, sal ’n nuwe persoon volgens prosedure tot die Regspaneel aangewys word.

Met dank,

Jan van Zyl
Hoof: Regspleging

Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: 🔗 https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ‘n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: 🔗 https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/

Korporatief

Dokumente Korporatief Filter

Finansies

Dokumente Finansies Filter

Grongebruik

Dokumente Grondgebruik Filter

Dorpsreëls

Dorpsreëls

Kennisgewings

Opkomende inskrywings…

208/2025
(Uitgereik op: 6 November, 2025)
Ingenieursdiente
207/2025
(Uitgereik op: 6 November, 2025)
Beplanning en Grondgebruik
206/2025
(Uitgereik op: 3 November, 2025)
Algemeen
205/2025
(Uitgereik op: 31 October, 2025)
Maatskappysekretaris

Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…

Orania Kaart

Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…

Algemene Skakels

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Beweging

OVD Watervleuel

Regspleging

Orania Ontwikkelingsmaatskappy

OSK

OSK Koöperatiewe Bank

Orania Sakekaner

Radio Orania

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Nuusbriewe

Opkomende inskrywings…

01/2024
(Uitgereik op: 2 May, 2024)

2

Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…

Noodnommers

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Hospitaal

Huis Dokter

Orania Ambulaans

Elektrisien

Loodgieter

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Kalender

Opkomende inskrywings…

8
Nov
Saturday 8 November, 2025
8:30 am
10
Dec
12
Dec
16
Dec
Tuesday 16 December, 2025
- 6 April, 2025
Algemeen
26
Dec
Friday 26 December, 2025

Vir meer kalender inskrywings, gaan na…