Geagte Aandeelhouers en Inwoners,
ORANIA SE JAARLIKSE BESIGHEIDSOPNAME BEGIN BINNEKORT
Opsomming : Die jaarlikse besigheidsopname sal tussen 24 Maart en 11 April gedoen word, so besigheidseienaars sal binnekort daaroor gekontak word.
Dit is vir Orania van groot waarde om akkurate data oor die stand van ons ekonomie en die veranderinge daarin te hê, sodat besigheidseienaars en die dorpsbestuur ingeligte besluite kan neem. Deur sekere tendense te identifiseer, kan die sukses van vorige besluite geëvalueer word en beter besluite vir die toekoms geneem word.
Die jaarlikse besigheidsopname is die doeltreffendste manier om hierdie belangrike data te bekom en almal se samewerking word dus opreg waardeer. Alle besigheidseienaars kan verwag om binnekort oor die opname gekontak te word—eers telefonies en daarna in persoon—sodat hulle terugvoer, op anonieme wyse, ingesluit kan word.
Die vrae in die opname bly grotendeels onveranderd van vorige jare, maar die kategorisering van besighede word hierdie keer met groter sorg hanteer.
Soos altyd, sal die uitslae van hierdie opname later vanjaar as deel van die amptelike sensus gepubliseer word.
Vriendelike groete,
Cobus Pretorius
Hoof : Beplanning en Grondgebruik
U kan, soos altyd, die Dorpsraad oor enige onderwerp kontak deur die volgende skakel te volg : $ https://myorania.co.za/kontak-ons/$
Indien u dit anoniem wil doen, kan u die Anonieme Forum op die myorania.co.za webwerf gebruik, deur die volgende skakel te volg – $ https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/$
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…