028/2026

ORANIA SE JAARLIKSE BESIGHEIDSOPNAME BEGIN MAANDAG

Uitgereik op: 13 March 2026
Beplanning en Grondgebruik

1

ORANIA SE JAARLIKSE BESIGHEIDSOPNAME BEGIN MAANDAG

028/2026

13 Maart 2026

Geagte Oraniërs,

ORANIA SE JAARLIKSE BESIGHEIDSOPNAME BEGIN MAANDAG

Opsomming : Die besigheidsopname word hierdie jaar tussen 16 en 31 Maart 2026 gedoen, dus kan besigheidseienaars verwag om vanaf Maandag daaroor gekontak te word.

Dit is vir Orania van groot waarde om oor die beste moontlike data rakende die stand van ons ekonomie en die veranderinge daarin te beskik, sodat besigheidseienaars en die dorpsbestuur ingeligte besluite kan neem. Deur sekere tendense te identifiseer, kan die sukses van vorige besluite geëvalueer word en die beste opsies vir die toekoms oorweeg word.

Die jaarlikse besigheidsopname is die doeltreffendste manier om hierdie belangrike data te bekom, en almal se samewerking word dus opreg waardeer.

Let asseblief op die volgende belangrike punte:
* Die opname is anoniem. Daar word slegs gekontroleer óf ’n spesifieke besigheid dit ingevul het, nie wát ingevul is nie.
* Besigheidseienaars sal vanaf eerskomende Maandag op verskillende maniere daaroor gekontak word, wat e-posse, WhatsApp-boodskappe, telefoonoproepe en fisiese besoeke kan insluit.
* Daar sal hierdie jaar vir die eerste keer skakels wees waardeur die opname elektronies voltooi kan word – wat sterk aanbeveel word.
* Indien iemand dit verkies, kan ’n sogenaamde “Smart PDF” ook verskaf word om dit op ’n ander elektronies metode te voltooi.
* Indien iemand dit in harde kopie wil voltooi, sal die opnamevorm by hulle afgelewer en later weer opgetel word (in ’n blanko koevert, om anonimiteit te verseker).
* Die Orania Sakekamer is weer, saam met die Dorpsraad, by hierdie opname betrokke en help om onder andere die korrekte anonieme hantering en verwerking van die data te verseker.
* Die vrae in die opname bly grotendeels onveranderd van vorige jare, maar daar is wel ’n aanpassing in kategorieë gemaak om vir inflasie voorsiening te maak.

Soos altyd sal die uitslae van hierdie opname later vanjaar as deel van die amptelike sensus gepubliseer word.

Enige vrae hieroor kan aan die Dorpsraad gerig word deur van die skakels onder aan hierdie boodskap gebruik te maak.

Vriendelike groete,

Cobus Pretorius
Hoof : Beplanning en Grondgebruik

U kan, soos altyd, die Dorpsraad oor enige onderwerp kontak deur die volgende skakel te volg : https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u die Anonieme Forum op die myorania.co.za webwerf gebruik, deur die volgende skakel te volg – https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/

Korporatief

Dokumente Korporatief Filter

Finansies

Dokumente Finansies Filter

Grongebruik

Dokumente Grondgebruik Filter

Dorpsreëls

Dorpsreëls

Kennisgewings

Opkomende inskrywings…

055/2026
(Uitgereik op: 28 April, 2026)
Inligting en Skakeling
054/2026
(Uitgereik op: 28 April, 2026)
Ingenieursdiente
053/2026
(Uitgereik op: 27 April, 2026)
Uitvoerende Hoof
052/2026
(Uitgereik op: 27 April, 2026)
Ingenieursdiente

Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…

Orania Kaart

Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…

Algemene Skakels

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Beweging

OVD Watervleuel

Regspleging

Orania Ontwikkelingsmaatskappy

OSK

OSK Koöperatiewe Bank

Orania Sakekaner

Radio Orania

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Nuusbriewe

Opkomende inskrywings…

01/2024
(Uitgereik op: 2 May, 2024)

2

Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…

Noodnommers

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Hospitaal

Huis Dokter

Orania Ambulaans

Elektrisien

Loodgieter

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Kalender

Opkomende inskrywings…

15
May
Friday 15 May, 2026
- 16 May, 2026
15
May
Friday 15 May, 2026
- 16 May, 2026
Algemeen
12
Jun
Friday 12 June, 2026
- 13 June, 2026
5:00 pm
25
Jun
Thursday 25 June, 2026
- 27 June, 2026
8:00 am
25
Jun
Thursday 25 June, 2026
- 27 June, 2026
8:00 am

Vir meer kalender inskrywings, gaan na…