175/2025
11 September 2025
Geagte Oraniƫrs,
ORANIA-VLAG VANDAG HALFMAS TER NAGEDAGTENIS AAN CHARLIE KIRK
Opsomming : Na die sluipmoord op Charlie Kirk gister, sal Orania se vlag vandag halfmas hang ā in medelye met sy vrou en kinders, en in solidariteit met Christene wĆŖreldwyd wat, soos hy, gemarginaliseer, verguis en vervolg word.
OraniĆ«rs wat die nuus volg, sou gisteraand met skok verneem het van die sluipmoord op een van die mees invloedryke jong konserwatiewe kommentators ter wĆŖreld, Charlie Kirk. Konserwatiewe Boere-Afrikaners het oor die algemeen baie aanklank gevind by sy uitgesproke Christelike wĆŖreldbeskouing, en het sy beginsels van openlike debatvoering en wederkerige respek ā tot voordeel van elkeen se reg op vryheid ā hoog geag.
Vir diegene wat hom nog nie geken het nie, kyk gerus na die volgende samevoeging van videoās waarin hy, voor letterlik honderde miljoene kykers wĆŖreldwyd, Christus bely binne ān gewone sekulĆŖre politieke opset – :https://www.youtube.com/shorts/1ZlpKkZztdc
Die OAB-direksie het, na ‘n goeie voorstel van ‘n inwoner, dit goedgedink om vir die res van die dag, ter nagedagtenis aan Charlie Kirk en in solidariteit met alle Christene wat wĆŖreldwyd met haat behandel word, die Orania-vlag halfmas te laat hang.
Ons betuig ons innige simpatie aan sy familie en vriende, en bid vir wysheid en berusting vir almal wat betrokke is.
Vriendelike groete,
Gawie Snyman
Uitvoerende Hoof
Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: š https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ān opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: š https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…