088/2025
1 Mei 2025
OSK ONTVANG MÔRE BESOEKERS VANAF ZIPHAKAMISE KOÖPERATIEWE BANK
Opsomming: Daar sal op Vrydag, 2 Mei 2025, verteenwoordigers van die Ziphakamise Koöperatiewe Bank in Orania wees vir ‘n besoek aan OSK.
Orania se eie bank, OSK, is die markleier en grootste koöperatiewe bank in Suid Afrika en het sterk verhoudings met die Suid Afrikaanse Reserwebank, asook ander gemeenskapsbanke. Een van daardie banke, die Ziphakamise Koöperatiewe Bank, bring môre ‘n vriendelike besoek aan OSK om kennis in te win oor die toonaangewende wyse waarop dit funksioneer.
Inwoners mag moontlik hierdie besoekers in die dorp teëkom en ons vertrou dat almal hulle met ons gewone hoflikheid sal verwelkom.
Vriendelike groete,
Burger Lambrechts
Orania Dorpsraad : Kommunikasiebeampte
Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: 🔗 https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ‘n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: 🔗 https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…