115/2025

OVD HELP OM VOERTUIGDIEWE VAS TE TREK

Uitgereik op: 16 June 2025
Orania Veiligheidsdienste

0

OVD HELP OM VOERTUIGDIEWE VAS TE TREK

115/2025

13 Junie 2025

Geagte Aandeelhouers en Inwoners,

OVD HELP OM VOERTUIGDIEWE VAS TE TREK

Opsomming : OVD het vandag in groot mate bygedra daartoe dat voertuigdiewe vasgetrek is tussen Orania en Vanderkloof.

Orania Veiligheidsdienste (OVD) en die Orania Weerbaarheidsvereniging het al vantevore gewys dat hulle nie net Orania beskerm nie, maar ook ’n positiewe bydrae lewer tot die veiligheid in ons hele streek (deur bv. kabeldiewe op naburige plase vas te trek). Vandag het daar weer só iets gebeur!

Die offisier aan diens in Orania Veiligheidsdienste (OVD) se beheerkamer het vandag ’n voertuig wat as gesteel aangemeld is, op ons kamerastelsel gemonitor terwyl dit Orania genader het uit die rigting van Hopetown.

Lede van die Weerbaarheidsvereniging se taakspan is binne minute ontplooi om die situasie te hanteer. Die gesteelde voertuig is eerstens dopgehou om seker te maak dat dit nie in Orania afdraai of stilhou nie en is toe agtervolg in die rigting van Vanderkloof. Intussen is daar gekoƶrdineer met Vanderkloof SAPD om die verdagte voertuig voor te keer, terwyl Orania se taakspanlede as ’n buffer gedien het indien hulle dalk sou probeer omdraai, terug in Orania se rigting.

Alles het perfek afgeloop en die gesteelde voertuig is suksesvol duskant Vanderkloof afgetrek. Die insittendes is deur die polisielede – wat baie dankbaar is vir Orania se hulp (sien die foto van die stewige handdruk tussen ’n polisielid en ’n Orania-taakspanlid) – in hegtenis geneem.

Orania se veiligheidstrukture is sterk en ons poog altyd om paraat te wees tot voordeel van ons gemeenskap (en ook van ons bure indien moontlik)!

Vriendelike groete,

Ettiene de Lange
Hoof : OVD

U kan, soos altyd, die Dorpsraad oor enige onderwerp kontak deur die volgende skakel te volg : $ https://myorania.co.za/kontak-ons/$
Indien u dit anoniem wil doen, kan u die Anonieme Forum op die myorania.co.za webwerf gebruik, deur die volgende skakel te volg – $ https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/$

Noodnommers

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Hospitaal

Huis Dokter

Orania Ambulaans

Elektrisien

Loodgieter

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Kennisgewings

Opkomende inskrywings…

100/2026
(Uitgereik op: 6 August, 2026)
Ingenieursdiente
099/2026
(Uitgereik op: 5 August, 2026)
Ingenieursdiente
097/2026
(Uitgereik op: 28 July, 2026)
Ingenieursdiente

Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…

Nuusbriewe

Opkomende inskrywings…

01/2024
(Uitgereik op: 2 May, 2024)

2

Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…

Kalender

Opkomende inskrywings…

12
Aug
Wednesday 12 August, 2026
- 12 August, 2026
9:00 am
28
Aug
Friday 28 August, 2026
- 29 August, 2026
5:00 pm
5
Sep
Saturday 5 September, 2026
- 5 September, 2026
10:00 am
18
Sep
Friday 18 September, 2026
- 18 September, 2026
3:00 pm

Vir meer kalender inskrywings, gaan na…

Orania Kaart

Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…

Algemene Skakels

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Beweging

OVD Watervleuel

Regspleging

Orania Ontwikkelingsmaatskappy

OSK

OSK Koƶperatiewe Bank

Orania Sakekaner

Radio Orania

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Korporatief

Dokumente Korporatief Filter

Finansies

Dokumente Finansies Filter

Grongebruik

Dokumente Grondgebruik Filter

Dorpsreƫls

Dorpsreƫls