074/2025

OVR KENNISGEWING : ONTMOETING MET NOORD-KAAPSE EFF IN KIMBERLEY

Uitgereik op: 10 April 2025
Uitvoerende Hoof

1

OVR KENNISGEWING : ONTMOETING MET NOORD-KAAPSE EFF IN KIMBERLEY

074/2025

10 April 2025

Geagte Aandeelhouers en Inwoners,

OVR KENNISGEWING : ONTMOETING MET NOORD-KAAPSE EFF IN KIMBERLEY

Nota : Hierdie kennisgewing van die Orania Verteenwoordigende Raad (OVR) word deur die Dorpsraad se kanale versprei om soveel as moontlik Oraniƫrs te bereik.

OPSOMMING : ‘n Afvaardiging van Orania vergader mĆ“re, 11 April 2025, met die leierskap van die Noord-Kaapse EFF in Kimberley.

‘n Uitgebreide OVR-OAB afvaardiging ontmoet mĆ“re (Vr 11/04) bestuurslede van die Noord-Kaapse EFF in Kimberley. Daar is aanvanklik oorweeg om hulle in Orania te ontvang, maar later is besluit om hulle in Kimberley te ontmoet. Die doel van die ontmoeting is om moontlike misverstand oor Orania se status en strewe op te klaar en dalk selfs verdere aksies teen Orania te beperk.

Die EFF se beleid is strydig met wat ons in Orania doen en glo, maar net soos hulle deel van die Suid-Afrikaanse en Noord-Kaapse werklikheid is, is Orania dit ook. Daarom is ‘n ontmoeting eerder as ‘n konfrontasie verkieslik en sal ons poog om die waardigheid en wettigheid van ons strewe by hulle tuis te bring.

‘n Lewensvatbare verhouding berus op erkenning en respek. Ons is bereid om erkenning te gee, maar kan dit net doen solank ons ook erkenning ontvang. Daarom kan ons nie aanvaar dat hulle “Orania moet val” veldtog waardig of wettig is nie. Belangriker nog is die feit dat Orania in werklikheid reeds anderkant die politiek is wat hulle beoefen en dat ons benadering van eie arbeid, eie grond en eie instellings meer post-koloniaal as hulle benadering van radikale ekonomiese transformasie is.

Hoewel die twee groepe wat mekaar mĆ“re ontmoet weerskante van ‘n diep politieke afgrond staan, het ons al gesien dat mense-in-gesprek groot verskille kan oorbrug. Terwyl sulke gesprek verskille nie tot niet maak nie, kan dit tog tot ‘n beter verstandhouding en minder vyandigheid lei – iets wat Orania tot groot voordeel kan strek.

In Orania is ons bouers eerder as brekers. As dit dan van ons die ekstra myl vereis (letterlik Kimberley toe), loop ons dit graag ter wille van ons gemeenskap, al is sukses nie gewaarborg nie. Ons spreek ook ons dank uit aan die Noord-Kaapse VF Plus wat die ontmoeting aanlĆŖ en reeds voorbrand vir Orania se saak gemaak het.

Vriendelike groete,

Carel Boshoff
OVR Ondervoorsitter

Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: šŸ”— https://myorania.co.za/kontak-ons/

Indien u dit anoniem wil doen, kan u ā€˜n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: šŸ”— https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/

Noodnommers

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Hospitaal

Huis Dokter

Orania Ambulaans

Elektrisien

Loodgieter

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Kennisgewings

Opkomende inskrywings…

106/2026
(Uitgereik op: 24 August, 2026)
Korporatiewe Dienste
105/2026
(Uitgereik op: 24 August, 2026)
Uitvoerende Hoof
104/2026
(Uitgereik op: 24 August, 2026)
Inligting en Skakeling
103/2026
(Uitgereik op: 20 August, 2026)
Inligting en Skakeling

Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…

Nuusbriewe

Opkomende inskrywings…

01/2024
(Uitgereik op: 2 May, 2024)

2

Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…

Kalender

Opkomende inskrywings…

28
Aug
Friday 28 August, 2026
- 29 August, 2026
5:00 pm
5
Sep
Saturday 5 September, 2026
- 5 September, 2026
10:00 am
18
Sep
Friday 18 September, 2026
- 18 September, 2026
3:00 pm
1
Oct
Thursday 1 October, 2026
- 3 October, 2026
Gemeenskapsdienste
1
Oct
Thursday 1 October, 2026
- 3 October, 2026
8:00 am

Vir meer kalender inskrywings, gaan na…

Orania Kaart

Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…

Algemene Skakels

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Beweging

OVD Watervleuel

Regspleging

Orania Ontwikkelingsmaatskappy

OSK

OSK Koƶperatiewe Bank

Orania Sakekaner

Radio Orania

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Korporatief

Dokumente Korporatief Filter

Finansies

Dokumente Finansies Filter

Grongebruik

Dokumente Grondgebruik Filter

Dorpsreƫls

Dorpsreƫls