142/2025

OVR TUSSENVERKIESING OM VAKANTE POSTE TE VUL

Uitgereik op: 1 August 2025
Uitvoerende Hoof

0

OVR TUSSENVERKIESING OM VAKANTE POSTE TE VUL

142/2025

1 Augustus 2025

Geagte Oraniërs,

OVR TUSSENVERKIESING OM VAKANTE POSTE TE VUL

Opsomming : Wat die opkomende OVR tussenverkiesing betref, vind registrasies om te kan stem, asook nominasies van kandidate, volgende week plaas. Die verkiesing self gebeur op 28 Augustus 2025.

Die Orania Verkiesingskomitee (OVK) wil hiermee graag die gemeenskap inlig dat daar op Donderdag, 28 Augustus 2025, ’n tussenverkiesing sal plaasvind. Hierdie verkiesing het ten doel om twee vakante poste in die Orania Verteenwoordigende Raad (OVR) te vul.

Belangrike inligting
* Alle persone met verblyfreg in Orania is geregtig om te stem.
* Registrasies en nominasies van kandidate begin op Maandag, 4 Augustus 2025, en sluit op Vrydag, 8 Augustus 2025 om 15:30.
* Registrasies en nominasies kan gedoen word by die Orania Poskantoor.
* Gemeenskapslede word aangemoedig om ook by die poskantoor te bevestig of hul name op die bestaande kieserslys verskyn en om enige gewysigde besonderhede op te dateer.
* Aanlyn registrasies en nominasies is ook moontlik deur ’n e-pos te stuur aan oraniaverkiesingskomitee@gmail.com.

Let daarop dat registrasies en nominasies stiptelik op Vrydag, 8 Augustus om 15:30 sluit. Geen laat inskrywings sal aanvaar word nie.

Ons doen ’n beroep op elke lid van die gemeenskap om betrokke te raak by hierdie belangrike proses en om aktief deel te neem aan die verkiesing. Saam bou ons aan ’n sterk en verteenwoordigende OVR.

Met waardering,

Orania Verkiesingskomitee
2025

Filters

Kennisgewings Date Rage Filter
Kennisgewings Type Checkbox Filter
Vloedrisikovlakke
Vloedrisikovlakke

Die bogenoemde vloedrisikovlakke word as aanduiders van gevaar gebruik:
Vlak GROEN: normale riviervlakke
Vlak GEEL: dreigende gevaar, wees paraat (geen toegang tot die rivier)
Vlak ORANJE: beveilig eiendom en verwyder waardevolle items en diere in geïdentifiseerde gebiede (verhoogde paraatheid)
Vlak ROOI: alle persone in geïdentifiseerde gebiede ontruim teen ʼn aangekondigde tyd

Korporatief

Dokumente Korporatief Filter

Finansies

Dokumente Finansies Filter

Grongebruik

Dokumente Grondgebruik Filter

Dorpsreëls

Dorpsreëls

Kennisgewings

Opkomende inskrywings…

046/2026
(Uitgereik op: 16 April, 2026)
Inligting en Skakeling
045/2026
(Uitgereik op: 16 April, 2026)
Ingenieursdiente
044/2026
(Uitgereik op: 15 April, 2026)
Ingenieursdiente

Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…

Orania Kaart

Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…

Algemene Skakels

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Beweging

OVD Watervleuel

Regspleging

Orania Ontwikkelingsmaatskappy

OSK

OSK Koöperatiewe Bank

Orania Sakekaner

Radio Orania

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Nuusbriewe

Opkomende inskrywings…

01/2024
(Uitgereik op: 2 May, 2024)

2

Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…

Noodnommers

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Hospitaal

Huis Dokter

Orania Ambulaans

Elektrisien

Loodgieter

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Kalender

Opkomende inskrywings…

15
May
Friday 15 May, 2026
- 16 May, 2026
Algemeen
12
Jun
Friday 12 June, 2026
- 13 June, 2026
5:00 pm
25
Jun
Thursday 25 June, 2026
- 27 June, 2026
8:00 am
25
Jun
Thursday 25 June, 2026
- 27 June, 2026
8:00 am
25
Jul
Saturday 25 July, 2026
- 25 July, 2026
7:00 am

Vir meer kalender inskrywings, gaan na…