135/2026
9 Oktober 2026
Geagte Oraniƫrs,
PUBLIEKE DEELNAME OOR STRAATNOMMERS VIR ALLE PERSELE IN OAB
Opsomming: Elke perseel in die Orania Aandeleblok (OAB) se dorpsgebied gaan voortaan ook ān straatnommer kry wat logies op ander straatnommers volg (maar aandeelbloknommers sal nogsteeds bestaan en kan ook vir amptelike korrespondensie gebruik word). Daar is ān openbare deelnameproses hieroor tot Vrydag 30 Oktober 2026.
Soos inwoners van Orania goed weet, is dit dikwels, selfs vir diegene wat al lank hier woon, moeilik om ān spesifieke aandeelblok op te spoor omdat die nommers in baie gevalle nie meer logies op mekaar volg nie. Hierdie situasie het oor die jare ontstaan weens prosesse soos konsolidasies, onderverdelings en die hergebruik van ou nommers op nuwe plekke.
Die huidige situasie veroorsaak gereeld probleme vir byvoorbeeld toeriste, maar ook (en meer ernstig), vir Orania Veiligheidsdienste (OVD), wat in noodgevalle soms nie dadelik die erf waarna hulle soek, kan opspoor nie.
Daar is dus besluit om aan elke aandeelblok in die OAB-gebied ook ān logiese straatnommer toe te ken. Daar word voorsien dat hierdie nuwe straatnommers op huise se sypaadjies, hekke of mure aangebring sal word in plaas van aandeelbloknommers, sodat dit vir almal baie makliker sal wees om hul bestemmings te vind.
Aandeelbloknommers sal egter steeds bestaan en sal saam met die nuwe straatnommers op dokumente soos diensterekeninge en aandeelbloksertifikate verskyn.
Inwoners wat wil sien wat hul nuwe straatnommers gaan wees, kan gerus hierdie skakel volg (https://myorania.co.za/wp-content/uploads/Voorgestelde-straatnommers-Register-Kaarte-en-Beleid-vir-Publieke-deelnameproses-Oktober-2026.pdf) na ān dokument wat die volgende bevat:
* ān Register van alle aandeelbloknommers en die gepaardgaande nuwe straatnommers.
* Kaarte van die hele OAB-gebied waarop alle aandeelbloknommers en straatnommers aangedui word.
* Die straatnommerbeleid, wat verduidelik hoe straatnommers toegeken word.
Opmerkings oor die nuwe straatnommerstelsel kan tot Vrydag 30 Oktober 2026 per e-pos aan cobus@myorania.co.za gestuur word, of telefonies (053 207 0063) of per fisiese afspraak met Cobus Pretorius bespreek word.
Vriendelike groete,
Cobus Pretorius
Hoof: Beplanning & Grondgebruik
Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: š https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ān opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: š https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…