Geagte Aandeelhouers en Inwoners,
REËLINGS VAN WITKRUISDAG OP MAANDAG, 11 NOVEMBER, 2024
Opsomming : Witkruisdag word eerskomende Maandag herdenk deur ‘n optog om 17:30 (in wit kleredrag) vanaf Melk & Heuning na die museum by die dorpskantoor, waar amptelike verrigtinge tussen 18h00 en 19h00 sal plaasvind.
Op 11 November kom Oraniërs jaarliks bymekaar om Witkruisdag te herdenk. Hierdie geleentheid is ‘n tyd van besinning waar ons die slagoffers van plaasmoorde en die soldate wat in die grensoorlog geval het, onthou.
Die Orania Bewaringstigting is verantwoordelik vir die reëlings van die dag. Alhoewel Witkruisdag nie ʼn Orania publieke vakansiedag is nie, is dit ‘n amptelike herdenking en dus altyd ʼn betekenisvolle byeenkoms. Ons nooi graag die gemeenskap uit om vanjaar saam met ons te stap vanaf Melk en Heuning, op met die Kaalvoettrap, tot by die Wit Kruis agter die Dorpskantoor. Ons versoek dat deelnemers in wit geklee sal wees en ʼn wit kruis saambring om die herdenking te versterk.
PROGRAM VIR MAANDAG, 11 NOVEMBER 2024:
17:15 – Kom byeen by Melk en Heuning
17:30 – Optog na Museum
18:00 – Verwelkoming deur Mnr. Pieter Bisschoff
18:05 – Opening deur Ds. Ronald Bain
18:10 – Toespraak oor Plaasmoorde deur Mnr. Thomas van Dalen
18:30 – Gedig voorgedra deur Mnr. Jan Snyders
18:35 – Kranslegging
18:50 – Laaste Taptoe deur Mnr. Eric Borman
19:00 – Vierde vers van Die Stem
Ons hoop om ‘n ieder en elk daar te sien vir hierdie spesiale oomblik van saamwees en herinnering aan die opofferings gemaak deur lede van ons AFRIKANERVOLK.
U is, soos altyd oor enige onderwerp, welkom om die Dorpsraad te kontak by $ https://myorania.co.za/kontak-ons/ .$
Vriendelike groete,
Orania Bewaringstigting
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…