100/2025
23 Mei 2025
REËLINGS VIR KONSENTRASIEKAMP BESOEK OP 31 MEI 2025
Opsomming: Ons vertrek op 31 Mei (Bittereinderdag) om 09:00 vanaf Oraans se parkeerarea na die Doornbult-konsentrasiekamp en behoort teen 12:00 weer terug te wees in Orania. Alle inwoners is welkom om saam te gaan.
Die reëlings vir Orania se amptelike herdenking van Bittereinderdag is hierdie jaar die Dorpsraad se verantwoordelikheid, so ons wil hiermee graag die volgende punte uitlig:
* Bittereinderdag herdenk die laaste dag van die Tweede Vryheidsoorlog teen Brittanje, wat grotendeels ten einde gekom het as gevolg van die tragiese lyding waardeur Boerevrouens en -kinders gegaan het (vandaar die woord “BITTER”einde). Dit is dus ’n baie belangrike dag in ons volk se geskiedenis en is daarom ’n amptelike vakansiedag in Orania.
* Die Plaasbraai (en gepaardgaande veiligheidsdemonstrasie, wat die mediese helikopter insluit) begin eers 15:00 by die sportgronde, so die besoek aan die konsentrasiekamp sal lank voor dan afgehandel wees.
* Die Doornbult-konsentrasiekamp is op privaat grond en word deur die familie self instand gehou. Al is daar nie ’n vaste toegangsfooi vir hierdie herdenking nie, wil ons inwoners dus sterk aanmoedig om asseblief ’n donasie te maak tydens die kollekte wat geneem sal word.
Die dagprogram sal ongeveer as volg verloop (klein veranderinge is moontlik en sal gekommunikeer word):
09:00 – Almal vertrek in eie vervoer vanaf Oraans se parkeerarea.
09:30 – Aankoms by Doornbult.
09:45 – Opening en gebed.
10:00 – Praatjie oor Bittereinderdag (deur Dr Wynand Boshoff).
10:30 – Oorhandinging van sertifikaat deur FAK Noord.
10:35 – Kollekte ten bate van onderhoud van die terrein
10:40 – Tentoonstelling van historiese items wat op die terrein gevind is en besigtiging van grafte ens.
11:15 – Vertrek terug na Orania
As mense saamrygeleenthede benodig, of andersins dalk ekstra sitplekke in hulle voertuie gaan hê, moet hulle asseblief ’n e-pos stuur na inligting@myorania.co.za, sodat ons reëlings kan tref om alle belangstellendes in staat te stel om daar te kan wees.
Mense kan dit oorweeg om hoede/sambrele saam te bring vir die son, asook hul eie kampstoele indien hulle dit gemakliker sal vind om daarop te sit tydens die praatjie.
Vriendelike groete,
Burger Lambrechts
Kommunikasiebeampte
Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: 🔗 https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ‘n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: 🔗 https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/
Die bogenoemde vloedrisikovlakke word as aanduiders van gevaar gebruik:
Vlak GROEN: normale riviervlakke
Vlak GEEL: dreigende gevaar, wees paraat (geen toegang tot die rivier)
Vlak ORANJE: beveilig eiendom en verwyder waardevolle items en diere in geïdentifiseerde gebiede (verhoogde paraatheid)
Vlak ROOI: alle persone in geïdentifiseerde gebiede ontruim teen ʼn aangekondigde tyd
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…