219/2025

ROUWATERDRUK IN KLEINGELUK

Uitgereik op: 25 November 2025
Ingenieursdiente

0

ROUWATERDRUK IN KLEINGELUK

219/2025

25 November 2025

Geagte Oraniƫrs,

ROUWATERDRUK IN KLEINGELUK

Opsomming : Die situasie met Kleingeluk se baie swak rouwaterdruk behoort nou beter te wees, aangesien ’n fout op die waterlyn opgespoor en herstel is.

Inwoners, veral diĆ© wat in Kleingeluk woon, is deeglik bewus van die wisselvallige druk in die rouwatertoevoer wat die afgelope tyd ervaar is. Die Dorpsraad se Ingenieursdienste het reeds verskeie oplossings vir hierdie situasie probeer vind en het onder meer met opgrawings probeer om fisiese blokkasies in die pype op te spoor. Daar is ook ander moontlike oorsake, soos probleme met kleppe of lugproppe (ā€œairlocksā€), ondersoek.

Die goeie nuus is dat daar uiteindelik gister ’n probleem opgespoor en herstel is, wat beteken dat Kleingeluk se rouwatertoevoer weer herstel behoort te wees na hoe dit aan die begin van die jaar was!

Ons glo dus dat Kleingeluk-inwoners weer hulle tuine behoorlik sal kan in stand hou, selfs al mag daar soms min water wees tydens warm piektye. Almal kan egter steeds uitsien na die groot verbetering wat op pad is met die afhandeling van die multijaar-waterprojek wat die pypleiding vanaf die rivier tot by die stoordamme opgradeer, asook gedeeltes van die afvoerpype vanaf daar na onder meer Kleingeluk.

Vriendelike groete,

Andre van Heerden
Hoof : Ingenieursdienste

Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: šŸ”— https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ā€˜n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: šŸ”— https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/

Noodnommers

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Hospitaal

Huis Dokter

Orania Ambulaans

Elektrisien

Loodgieter

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Kennisgewings

Opkomende inskrywings…

100/2026
(Uitgereik op: 6 August, 2026)
Ingenieursdiente
099/2026
(Uitgereik op: 5 August, 2026)
Ingenieursdiente
097/2026
(Uitgereik op: 28 July, 2026)
Ingenieursdiente

Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…

Nuusbriewe

Opkomende inskrywings…

01/2024
(Uitgereik op: 2 May, 2024)

2

Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…

Kalender

Opkomende inskrywings…

12
Aug
Wednesday 12 August, 2026
- 12 August, 2026
9:00 am
28
Aug
Friday 28 August, 2026
- 29 August, 2026
5:00 pm
5
Sep
Saturday 5 September, 2026
- 5 September, 2026
10:00 am
18
Sep
Friday 18 September, 2026
- 18 September, 2026
3:00 pm

Vir meer kalender inskrywings, gaan na…

Orania Kaart

Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…

Algemene Skakels

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Beweging

OVD Watervleuel

Regspleging

Orania Ontwikkelingsmaatskappy

OSK

OSK Koƶperatiewe Bank

Orania Sakekaner

Radio Orania

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Korporatief

Dokumente Korporatief Filter

Finansies

Dokumente Finansies Filter

Grongebruik

Dokumente Grondgebruik Filter

Dorpsreƫls

Dorpsreƫls