Geagte Aandeelhouers en Inwoners,
SANRAL KONTRAKTEURS WERK RONDOM DIE KRUISING VAN DIE R369 MET DIE SERVITUUTPAD VIR DIE VOLGENDE TWEE DAE
Opsomming : Daar sal vanaf vanmiddag, vir ongeveer die volgende twee dae, kontrakteurs van SANRAL wees wat opmetings doen in die omgewing van die R369 se kruising met die Servituutpad.
Soos heelwat Oraniërs van bewus is, beplan die South African National Roads Agency Limited (SANRAL) om die R369 in 2026 op te gradeer en is hulle reeds besig met opnames op die pad tussen Hopetown en Vanderkloof.
Vanaf vanmiddag, vir ongeveer die volgende twee dae, word spesifiek die area in ‘n 200 meter radius rondom die R369 kruising met die Servituutpad ondersoek, want hulle gaan moontlik ‘n verkeersirkel daar bou. Hierdie ondersoek behels dat die kontrakteurs ook in die omgewing van die watersuiweringsaanleg en die stoordamme sal rondbeweeg, sowel as in die rigting van BKO en CVO ens.
Orania Veiligheidsdienste (OVD) is bewus van die situasie en sal die kontrakteurs deurentyd per kamera en met gereelde fisiese patrollies in hulle omgewing monitor.
Die kontrakteurs oornag in Hopetown, so behoort nie na-ure steeds in Orania werkagtig te wees nie.
U kan, soos altyd, die Dorpsraad oor enige onderwerp kontak deur die volgende skakel te volg : $ https://myorania.co.za/kontak-ons/$
Indien u dit anoniem wil doen, kan u die Anonieme Forum op die myorania.co.za webwerf gebruik, deur die volgende skakel te volg – $ https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/$
Vriendelike groete,
Burger Lambrechts
Orania Dorpsraad Kommunikasiebeampte
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…