132/2025
16 Julie 2025
Geagte Oraniërs,
SASSA-DOKTER SE BESOEK AAN ORANIA OP 21 JULIE SAL BY DIE KUIERSTOEP PLAASVIND
Opsomming : Die volgende besoek aan Orania deur ‘n SASSA-dokter (op 21 Julie) sal by Helpmekaar se kantoor op die Kuierstoep plaasvind.
Soos baie inwoners reeds weet, besoek ’n SASSA-dokter Orania gereeld en maak dan gebruik van die kliniek om daardie Oraniërs wat SASSA-toelae ontvang, te sien soos en wanneer nodig.
Daar is egter ’n botsing op die datum van die volgende besoek, 21 Julie, aangesien dr. De Jager daardie dag by die kliniek diens doen. Daar is dus besluit dat die SASSA-dokter hierdie keer gebruik sal maak van die Orania Helpmekaar-kantoor op die Kuierstoep in Kleingeluk, so inwoners wat afsprake vir daardie dag het, moet asseblief daarheen gaan. Heidi Smit van Orania Helpmekaar sal ook deurgaans teenwoordig wees.
Vriendelike groete,
Gawie Snyman
Uitvoerende Hoof
Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: 🔗 https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ‘n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: 🔗 https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…