221/2025

SENSUSOPNAME VIND OOR DIE VOLGENDE TWEE WEKE PLAAS

Uitgereik op: 28 November 2025
Beplanning en Grondgebruik

1

SENSUSOPNAME VIND OOR DIE VOLGENDE TWEE WEKE PLAAS

221/2025

28 November 2025

Geagte Oraniƫrs,

SENSUSOPNAME VIND OOR DIE VOLGENDE TWEE WEKE PLAAS

Opsomming : Orania se jaarlikse sensus vir 2025 vind vanaf Maandag 1 Desember tot Vrydag 12 Desember plaas.

Inligting oor die hoeveelheid persone in die groter Orania sal oor die volgende twee weke op een of meer van die volgende maniere vanaf inwoners verkry word:
* ’n verteenwoordiger van die Dorpsraad kan u in persoon kontak;
* ’n e-pos kan gestuur word;
* ‘n hardekopie-vorm kan beskikbaar gemaak word;
* telefoonoproepe aan inwoners kan gemaak word; en
* inligting kan ingesamel word vanaf skole, besighede, instellings en die bestuur van die ander grondentiteite (Kambro, 272 en VKN).

Inwoners hoef glad nie bekommerd te wees as hulle op meer as een van hierdie maniere getel word nie, want daar is ’n proses in plek om dupliserings uit te skakel. Trouens, dupliserings help eintlik om as kruisverifiĆ«ring vir die korrektheid van die ingesamelde data te dien.

Die sensus is van groot waarde vir die doeltreffende bestuur van Orania en vir akkurate beplanning vir die toekoms. Inwoners word dus aangemoedig om volledig saam te werk en om antwoorde te verskaf wat so akkuraat as moontlik is. Ons pas die voorskrifte van die POPIA-wetgewing streng toe en alle inligting sal vertroulik hanteer word.

Inligting wat versamel gaan word, is die volgende:
* Aandeelblok/adres (bv. A123, K123, VKN Dorp/Oewer 123, Plaas 272 Nooitgedacht Huis 123)
* Aantal huishoudings op die aandeelblok (ook huurders)
* Aantal volwassenes
* Aantal kinders
* Aantal geboortes

Indien daar spesifieke vrae oor die sensusopname is, kan Jennifer Loots by die Dorpskantoor gekontak word (053 207 0063), of kan die skakels aan die onderkant van hierdie boodskap gebruik word.

Vriendelike groete,

Cobus Pretorius
Hoof : Beplanning en Grondgebruik

Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: šŸ”— https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ā€˜n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: šŸ”— https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes

Noodnommers

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Hospitaal

Huis Dokter

Orania Ambulaans

Elektrisien

Loodgieter

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Kennisgewings

Opkomende inskrywings…

106/2026
(Uitgereik op: 24 August, 2026)
Korporatiewe Dienste
105/2026
(Uitgereik op: 24 August, 2026)
Uitvoerende Hoof
104/2026
(Uitgereik op: 24 August, 2026)
Inligting en Skakeling
103/2026
(Uitgereik op: 20 August, 2026)
Inligting en Skakeling

Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…

Nuusbriewe

Opkomende inskrywings…

01/2024
(Uitgereik op: 2 May, 2024)

2

Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…

Kalender

Opkomende inskrywings…

28
Aug
Friday 28 August, 2026
- 29 August, 2026
5:00 pm
5
Sep
Saturday 5 September, 2026
- 5 September, 2026
10:00 am
18
Sep
Friday 18 September, 2026
- 18 September, 2026
3:00 pm
1
Oct
Thursday 1 October, 2026
- 3 October, 2026
Gemeenskapsdienste
1
Oct
Thursday 1 October, 2026
- 3 October, 2026
8:00 am

Vir meer kalender inskrywings, gaan na…

Orania Kaart

Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…

Algemene Skakels

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Beweging

OVD Watervleuel

Regspleging

Orania Ontwikkelingsmaatskappy

OSK

OSK Koƶperatiewe Bank

Orania Sakekaner

Radio Orania

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Korporatief

Dokumente Korporatief Filter

Finansies

Dokumente Finansies Filter

Grongebruik

Dokumente Grondgebruik Filter

Dorpsreƫls

Dorpsreƫls